Na ’n moerse lekker viering van Jeugdag in 2016, is Liefde by die Dam terug in Augustus 2017 om Suid-Afrikaanse musiek by Johannesburg se asemrowende Emmarentia Dam te vier. Dit was een massiewe jol! Ons het gedans, gekuier en seker drie paartjies afgepis deur kliphard te sing.

Hierdie voldag familie gebeurtenis verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.

Sluit aan by Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke. Asook met Majozi en sy aardskuddende elektro indie rock! Daarbenewens sorg die betowerende klanke van Tresor en JR vir ‘n onvergeetlike en-semble. Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook nuweling Jo Black, wie se album wat vroeër vanjaar uitgereik is reeds goue status bereik het, asook Loki Rothman.

Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike reeks van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek.

Datum: 6 Augustus 2016
Tyd: 10VM – 6NM
Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg
Kaartjies R165 Aanlyn / R200 Hek / R600 PLUS / Onder 12: R75
Koop Aanlyn:

Bywoners is in 2016 aangemoedig om hulle piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies. Die inisiatief was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Hierdie jaar moedig Liefde by die Dam weer bywoners aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel.

Lees jy nogsteeds? Great! Ons gee 2 Double Tickets weg na Liefde by die Dam. Dit wil sê dat jou kanse om te wen verdubbel het. Al wat jy moet doen is om vir ons te sê wie wil jy die graagste sien by Liefde by die Dam. Jy kan inskryf op Facebook, hierso, asook Twitter.

Byvoorbeeld: “Hey Why Ed-manne, ek wil graag vir Die Heuwels dik bekyk en my eie Leja kry”

Kompetisie sluit 20 Julie 2017 om 13:00 en die wenners sal net daarna bekend gemaak word.