Van Pletzen is a super fun new Afrikaans project by Peach van Pletzen (Bittereinder / Yesterday’s Pupil) and Matthieu Auriacombe (Hello Beautiful / Beach Party).

In these times of turmoil, Van Pletzen’s mission is to make the world a better place by spreading their lekker vibe and by showing you a really, really good time. They don’t take themselves too seriously and believe that neither should you.

Introducing Van Pletzen:

The Van Pletzen project was conceived how all the best things usually are – over a few cold beers.

“Makkie, my partner in this project, and I decided over a few beers to make ourselves a feel good vibe. I love humour and this project gives me the outlet to use humour with cool music. We are very proud of the outcome,” says Peach van Pletzen.

Van Pletzen gets their party started with the release of their first single, Eiland Styl (Island Style).

If you loved that, you would dig the kief interview we had with Peach on his new good vibe project.

Hello daar. Dankie vir julle tyd. Ons dig die vibe, maar ons moet net weet… Hoekom en hoe het Van Pletzen ontstaan?

Bly julle dig dit! Ons het een middag paar biere gedrink en besef hoe lekker die lewe kan wees as dit simple is; toe het ons gese kom ons maak ‘n moerse lekker feel good vibe wat mens nie hoef te over-think nie.

Julle nuwe musiek kiekie is moer lekker. Wat was die gedagte agter dit?

Alles wat lekker is. Vakansie, vis braai, space-cakes, milkshakes en ‘n zaab. Ons wou ‘n video maak wat soos die ultimate feel good vakansie vibe is. Maar ook soveel meer as net ‘n lekker vibe… ‘n kak-lekker vibe!

Jinne! Julle rock die eiland styl vibes dik hard. Waar het julle die hemde gekry, of was dit al lankal in julle besit?

Mens moet altyd ‘n tropical shirt gereed hou want jy weet nooit wanneer jy hom gaan nodig he nie. Trek bietjie een aan, daai hempde het special powers, hulle verander enigiets in ‘n lekke vibe in. Jy voel dalk hartseer of moeg… pop daai tropical hemp aan! Dis powerful! Ek is bly ons het ‘n geleentheid gehad om finally ons tropical shirts te kon dra.

Ons is moer bly vir julle. Van Pletzen is sommer al klaar op die Oppikoppi line up vir 2017… hoe het dit gebeur? En was julle verbaas met die hele effek?

Ons het vir Oppikoppi die music video gestuur nog voor dit vrygestel was en nog so 5 ander songs met ‘n nota wat lees; “In hierdie tyd van onrus benodig die wereld meer kak-lekker vibes. Vibes soos Oppikoppi, vibes soos Van Pletzen en natuurlik vibes soos Van Pletzen by Oppikoppi”
Hulle het die video gekyk en dadelik verstaan en ons laat weet. Ons was natuurlik baie stoked, ons het sommer dadelik ‘n braai opgefire en nog ‘n song geskryf.

 

Lekker tekkies. Sommer net so. Hoe is die ontvangs op julle Eiland Style musiek kiekie sovêr?

Ag nee baie lekker. Meeste mense love dit en vang die vibe. Daar is natuurlik ook mense wat dit nie dig nie, maar dis totally cool. Nie almal is altyd gereed vir ‘n lekker vibe nie. Party mense is kwaad en is nie lus vir uplifting feel good boosting tunes nie. Ons goal is om eendag so kak-lekker vibe te maak dat ons deur almal se mure kan penetreer en dat almal, al is dit nie vir daai oomblik, kan glimlag en ‘n lekker tyd kan hê.

Ons stem saam. Julle klap heeltyd die shades in die musiek kiekie en julle live streams. Dink julle dat Bono sy back moet watch?

Haha, shades het ook mystical powers en Bono weet dit, hy dra dit al sedert die 80’s, in die mall, in die aande. Ek reken ons moet dalk ons backs watch sedert ons nou sy geheim ontdek het… maar ek dink hy is chilled.

Wat is volgende vir Van Pletzen?

Meer tracks, collabs, videos, Oppikoppi en natuurlik nog kak-lekker vibes.

Wat, in julle opinie, is die lekkerste vissie om te braai as julle eintlik by die werk moet wees?

Snoek is solid choice. ‘n Lekker trout kan die ding doen. Hel, ons sal selfs ‘n baber by die werk braai!

Hahaha! Waar en hoe kan mense julle in die hande kry?

Drop ons ‘n message, ‘n e-mail werk gewoonlik baie lekker, selfs ‘n SMS is ‘n vibe.

Dankie vir die chat. Maak seker jy beleef vir Van Pletzen so gou as moontlik. Dis ‘n kak-lekker vibe!