Vergeet van vroeg in die bed klim omdat dit ‘n skool aand is. Gooi daardie denke by die deur uit saam met jou lyf, klim in die kar en ry na een van die befokste opvoerings van die jaar in Pretoria-baai. Aandklas bied aan, Van Coke Kartel die opkomende Woensdag vir hulle ‘Sweef’ toer.

Daar gaan net ‘n aantal kaartjies te koop wees by die deur, so kry jou gat en jou maatjies vroeg al daar. Daar sal entertainment deur die dag wees, soos die Barbosa Experience en lekker drank om te koop voordat die MANNE die verhoog betree. Klap sommer ‘n paar Jägermeisters in die keelgat om op te warm aangesien jou lyf in elke rigting gaan rondswaai.

Hierdie opvoering en lewens verandering gaan jou 40 bokke uit die sak jaag, so moenie ‘n lening gaan uitneem nie!
Van Coke Kartel Jagermeister Tour

Van Coke Kartel sal julle begin vermaak vanaf 21:00 met lekker musiek en klipharde rock ‘n roll. Vir meer inligting oor die opvoering, kyk gerus na die event op Vleisboek hier:

As jy besig is om te ‘Ummm en Aaah” – ruk jouself reg en kyk na hulle nuutste musiek kiekie! Hierdie manne vat nie kak en sal broodnodige musiek vir jou siel gee.

Sien julle daar!
Van Coke Kartel Tour