Blues Rock legends The Blues Broers are returning to The Atterbury Theatre in Pretoria for a one night only performance on the 1st September 2015 brought to you by Red Heart Rum.

Tickets will be available through Comupticket and at the door at R150 with the show starting at 8:00pm.

“2014 was a great year for us. We spreading the word far and wide,” says Simon Orange, keyboard player and songwriter for South Africa’s original blues/rock band. Since the launch of their latest album ‘Into the Red’ in January 2014 they’ve performed at the Standard Bank Jazz Festival in Grahamstown and appeared on the major TV networks. They featured on the Durban International Blues Festival and at the Table Mountain Blues Summit amongst others.

Blues-Broers-1-Hires

Twenty-five years ago the musical landscape was very different. The Blues Broers started out playing in Cape Town’s seedier clubs and bars. Venues like The Fringe and the appropriately named Smokehouse (some nights you could barely see the stage through the blue haze of cigarette smoke) are long gone, but the band expanded its audience by driving long hours to towns further afield. It was around this time that they added their ‘Skiffle set’ to the show. Skiffle is music played on homemade instruments, such as a tea-chest bass or tin washboard and it’s still an important part of the band’s performance.

Coastal tours, album releases and rock festivals followed, but in 1999 the band lost drummer, manager and Albert Frost’s father, Frank, to cancer. It was a blow they struggled to recover from and eventually the Blues Broers announced that they were calling it a day. In 2006 they held a final show at the Hidden Cellar in Stellenbosch.

The band was brought back together by popular demand for a reunion gig in 2009 and they soon started writing songs that would feature on their 2011 CD release ‘Out of the Blue’. That album’s success gave a whole new lease of life to the Blues Broers. Now Albert Frost’s mother, Maggie, manages the band and is married to bass player Rob Nagel. Albert says “I’m probably the only guitarist who’s played in the same band with two dads!”

11822747_10153138473743251_6276233475898646510_n

Ons het so bietjie met The Blues Broers gepraat voor hulle optrede by The Atterbury Theatre:

Dagsê, dankie vir jou tyd vir die onderhoud. Julle is een van die uniekste groepe in die Suid Afrikaanse musiek bedryf. Hoe het als begin?

In 1989, toe ‘Live Blues’ nogals skaars was, het ek het die, “The Lowdown Blues Band” gehad. Toe twee van die lede bedank het, moes ons hulle vervang. Toe ons reg was vir ‘n gig by die Café Royal in Kaapstad, moes ons vinnig ‘n naam kry. Die “Blues Broers” is toe gebore.

Wel gedaan! Julle het ‘n een aand eksklusiewe opvoering by die Atterbury teater. Wat kan die mense verwag van ‘n tipiese Blues Broers opvoering?

Soos altyd is ons wagwoord “variasie”. Ons probeer om in elke liedjie iets anders of verskillend te doen, bv. Instrumentasie, gendre, sanger, ens. Ons wissel ook dikwels instrumente. Die Blues is natuurlik die oorsprong van alle populere musiek wat ons deesdae hoor, so behalwe ons geliefde Blues speel ons ‘n bietjie skiffle, jazz, folk, country, soul, rock, pop, metal, funk, Irish, ens. Mense kan ook natuurlik verwag van ‘n band wat al 25 jare saam speel, dat stukkies “magic” spontaan ontstaan tussen ons plaasvind.

Klink baie intressant. Is daar nog senuwees wat knaag voor sulke optredes?

As daar nie was nie, sou ons seker eerder versekeringspolisse gaan verkoop of so iets! Daar is natuurlik altyd senuwees, maar na al die jare is dit meer oor tegniese aspekte, soos versterkers en snare wat kan breek, en hoe die gehoor sal reageer.

Is daar enige optredes wat persoonlik uitstaan vir julle?

Ek dink die Atterbury optrede van verlede jaar moet ‘n hoogtepunt wees vir ons. Dit was uiteraard ‘n groot risiko, maar die opkoms en reaksie was fenominaal. Oor die algemeen verkies ek die kleiner intieme plekke wat hulself uitleen tot blues, waar jy omtrent elke siel kan raaksien, en persoonlike kontak kan maak. Hoe minder mense is daar, hoe beter speel jy dikwels!

Hoe voel julle oor die huidige stand van die musiekbedryf in Suid Afrika, is daar enige iets wat julle sal wil verander?

Die musiekbedryf in Suid-Afrika het ongelooflik gevorder sedert die dae toe ek begin speel het. Destyds het omtrent almal dieselfde “covers” (die groot hits) gespeel, en jy is beoordeel aan hoe akkuraat jy dit kon namaak. Deesdae het ons talle talenvolle en bekwame skrywers wat ‘n goeie bestaan maak, en vir ons regte-egte rock’n’roll met ‘n local smaak gee.

As ek kon kies, dan sou ek wens vir die herlewing van die “band” as primere eenheid, eerder as die “gig” of “vertoning”. Toe ek verlief geraak het op musiek 40 jaar terug, was dit so. Dit was ongehoord dat ander lede instaan vir jou.

Vandag in Suid Afrika (en seker ook in ander lande) het dit moeilik geword om ‘n bestaan te maak uit musiek, en dus is baie optredes saamgestel uit musikante wat wel vir die vertoning beskikbaar is, hoofsaaklik weens finasieele redes. Jy sien dieselfde ouens in talle “line-ups”. Ek wens die mark was groot genoeg om bands as sulks moontlik te maak.

Wat is volgende vir The Blues Broers?

Altyd ‘n nuwe album op die horison, hopelik volgende jaar. Om nog steeds deel te neem aan die “nimmer-eindigende Blues toer”, om mense oor te wen na die blues, een toeskouer op ‘n slag.

Maak seker dat jy vir jouself en jou vriende ‘n kaartjie kry vir die show. Dit gaan legendaries wees!

Gaan kyk gerus op hulle Facebook blad vir meer inligting.