Hierdie Woensdag, 21 SEPTEMBER 2016 kan jy en jou vriendinne EKSKLUSIEF die nuwe romantiese komedie, SY KLINK SOOS LENTE, gaan kyk as deel van STER-KINEKOR se DAMESAAND. Maar nie net dames is welkom nie – bring gerus jou geliefde saam en kyk saam met hom ‘n film vol humor en romanse – almal is welkom!

SY KLINK SOOS LENTE wys by verskeie teaters in Suid-Afrika voor die amptelike vrystelling op 30 September 2016. Indien jy naby Brooklyn Mall, Cradlestone Mall, Cresta Mall, Kolonnade Mall, Mimosa Mall, Tygervalley Mall of Garden Route Mall woon, bespreek jou kaartjies NOU op Ster-Kinekor se webtuiste:

Wat sou jy doen as jy die meisie van jou drome ontmoet, en weet jy’s nie goed genoeg vir haar nie? Jy jok, natuurlik…

Ben (Stiaan Smith), ’n aantreklike werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur een aand in ’n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke, maar toe Linda vir Ben vra wat hy vir ’n lewe doen, jok hy en sê hy dat hy die hoofsanger in ’n band is. Want nie net is Linda uit sy liga nie, haar pa is sy baas.

Linda hou dadelik van die sjarmante muso, hulle val vir mekaar, en Ben moet ’n band begin om sy leuen te verbloem en die meisie van sy drome se hart te wen.

“Sy Klink Soos Lente is ’n opwindende aanslag en vernuwing van die Afrikaanse romantiese komedie-genre. Corné van Rooyen se sensitiewe regie en Stiaan Smith se vars teks skep ’n wonderlike palet vir die beeldskone Amalia Uys en Smith se aangrypende karaktervertolkings.” – Danie Bester.

Die bekroonde THE FILM FACTORY en opspraakwekkende BOUWER BOSCH FILMS bied ’n storie aan oor onverwagse vriendskappe, om jou passies te herontdek, en om uit te vind wat dit beteken om goed genoeg te wees.

Ware liefde begin soms op ’n vals noot.