Another weekend jam-packed with all out rugby, heavy drinking and some more tears for the Stormers supporters. Yet again Mr Wessel failed to get a clean sweep with his predictions but I have a sneaky feeling he will nail it this time around.

Friday: Blues vs Highlanders 08:35

Begin al die naweek op ‘n lekker groot noot met die twee, kom ons rol nie doeke om die spanne nie, hulle is altwee die jaar maar lekker tos en teleurstellend na so groot verwagtinge, maar nou ja. Ons huil nie oor omgebliksemde brannas nie.

Bloues met 2!

Hoe ek voel oor die Bloues en Hooglanders se seisoen

Hoe ek voel oor die Bloues en Hooglanders se seisoen

Friday: Brumbies vs Kings 10:40

Die koningkies doen nogmaals nie te kak nie en het so paar groot spanne al benoude boude gegee maar ek twyfel sterk of hulle die Brombye gaan vat. Naddafok! Begin solank tissues uithaal, die gaan ‘n fokken lang oggend wees vir PE.

Brombye met 28 of meer!

Die BrumZilla is opad na die Konings

Die BrumZilla is opad na die Konings

Friday: Sharks vs Crusaders 19:10

Stel maar Oom Pieter se backyards braai af en sê vir jou stukkie om liewers saam met die girls te gaan gat swaai want jy wil nie die ene mis nie. Twee kookwater spanne teen mekaar en ek verwag dat net iemand, iemand hard gaan takkel met ‘n geel kaart in sy toekoms.

Sardyne met 1!

Gaan die Tjarks bo uitkom?

Gaan die Tjarks bo uitkom?

Saturday: Hurricanes vs Waratahs 08:35

As dit nie vir die orkane was nie sou ek nie eers die tv aangesit het nie, fokken verf wat droog word is meer opwindend as die Tahs.  Draai maar so elke nou en dan om in jou bed om die te kyk.

Orkane met 12!

Iets wat jy nie Saterdag gaan sien nie, 'n Tah drie

Iets wat jy nie Saterdag gaan sien nie, ‘n Tah drie

Saturday: Force vs Rebels 10:40

Wat het ons gesondig om die kak te kyk??!! Sit liewers Molly en Wors op, gaan jou darem laat lag.

Wors met 5!

Fok die stront

Fok die stront

Saturday: Cheetahs vs Stormers 17:05

Now we’s are talkings, baie beter game om te kyk en as jy teen die tyd nog nie jou bure afgepis het nie, sit die TV op sy hardste! Jy gaan skree en die ref 29 keer vloek ten minste en ek vermoed hier gaan ‘n paar Storms bietjie trane pik.

Vrystaat met ‘n skrale 2!

Die Storms oor 'n paar ure

Die Storms oor ‘n paar ure