He is back this week for the infamous Super Rugby Preview, this Easter weekend he takes on Round 7 and hopefully he gets a few right because like his facial hair, his predictions have been awful! I introduce Meneer Wessel Janse van Rensburg Botha.

Friday: Highlanders vs Reds 08:35

Met net twee games om uit te sien die Vrydag, die lekker ruggas en die ander natuurlik paas eiers dronk in die tuin soek in my grasgroen onna. Die hooglanders kan net nie so lank uiters kak bly nie, hulle moet een af ander tyd weer op dreef kom soos my Datsun bakkie. Hopelik is dit teen die fokkers wat my geliefde Bulle gestamp het laas week. Ek gaan met die “There can only be one” met die ene net omdat ek nie van rooi hou nie.

Hooglanders met ‘n holvlos breedte 1!

Begin die naweek op 'n hoë noot

Begin die naweek op ‘n hoë noot

Saturday: Hurricanes vs Kings 05:35

Laas week het die Konings nie opgegee nie, poepholle in die lug het hulle nog baklei, sommer ‘n traan in my polisiekoffie laat pik. Die Kanne was nog nie die jaar behoorlik op dreef nie, hulle sukkel sukkel so deur die seisoen nog, theys ares looking for their Mojo still (Dom fokkers, hier is ‘n Mojo in Snor Stad)

Kanne met groot kanne en ‘n fokken groot DD34!

Gaan die Kanne hulle Mojo vind?

Gaan die Kanne hulle Mojo vind?

Saturday: Chiefs vs Blues 08:35

Die ‘defendings champs’ soos Naas hulle sou noem is teen die Bloues van Au-klint, weereens ‘n game wat fokken vinnig gaan wees wat goed dopgehou moet word deur bloed rooi oë, daardie bal gaan meer spin tussen die hande deur as ‘n Ford Cortina se bande op ‘n lekker Sondag aand op Voortrekker.

Die Tshiefs met 10!

Waddefok!

Waddefok!

Saturday: Brumbies vs Bulls 10:40

Nou dat daardie babbi bietjie gaan rus het deur net nog so branna te knak en daardie gesonde rook in my longe in te trek sal ek weereens my niere uitskree vir die manne op die tv en weer deur die sitkamer kussings byt terwyl my slagare deur my vel druk. Ek fokken hoop, nee wag ek fokken smeek die Bulle om die Brombye te wen ands to fucks thems up! Ek like maar fokkol van grootbek Oessies, ek en die res van die wêreld, en Jak De wit raak nou ene. Wat my baie bly maak is dat die Tjokker Jan Serfontein speel, bliksem daardie man lyk soos ons Soeperman!

Kalwers met 6!

'n Normale dag in die lewe van 'n Bul

‘n Normale dag in die lewe van ‘n Bul

Saturday: Cheetahs vs Rebels 17:05

Nou dat die kak die sieling fan getref het in die Rebelle se groep lyk hulle nog meer kniediep in die poef terwyl Vrystaat almal verbaas het, hierdie mechanic ook! Laas week was maar so bietjie stoot-stoor vir die blikore maar ek dink hulle kan die Rebelle terug stuur na Melborn, stert tussen die bene en koorsblaar op die lip.

Hak Vrystaat met 21!

Die Cheetahs terug op hulle tuisveld

Die Cheetahs terug op hulle tuisveld

Saturday: Stormers vs Crusaders 19:10

O fokkit. Capie teen Capie, Stormers teen Cape Flat Krusaders. Die Krusaders is sonder onna model Dan Cata (Dis hoe hulle sy van uitspreek in Down Unda) en kaptein Kieran Riet, maar is nogals gevaarlik en altyd punt in die wind by Nuweland, terwyl die Stormers nou weer hulle dink keppies aan het en speel sos hulle moet.

Fok die Cape Krusaders, Stormers met 5!

Geen Dan Cata Factor

Geen Dan Cata Factor

Sunday: Waratahs vs Force 07:05

Skip Skip Skip, tos liewers. Daar gaan meer action wees as in die game.

Tahs met 6

Vergeet van die game, kyk liewers net vir Jade

Vergeet van die game, kyk liewers net vir Jade