Alright so we off to another weekend jam packed with rugby, biltong and booze. Last week his predictions went way better than round 2, but he has been left wanting on a few of his explanations…. without further ado, I give to you Wessel Janse van Rensburg Botha!

Friday: Hurricanes vs Crusaders 08:35

Lekker lekker ek is weer terug, laas week was het ek nie rerig met vlieënde vaandels die tellings reg gekry nie maar ek beweeg darem bietjie voorentoe! Hierdie week begin met ‘n rowwe fokker tussen die geel manne en die Krusaders. Dit gaan ‘n befokte game wees, want albei die spanne hou van hardloop (soos al die Neo Zee Landers doen), gaan hierdie game tape met my VCR en later in my groen onna voor die TV kyk.

Die Krusaders gaan weer hulle seisoen op die been kry met ‘n stywe 3!

Gaan die Krusaders terug na hulle wen pad toe?

Gaan die Krusaders terug na hulle wen pad toe?

Friday: Rebels vs Reds 10:20

Wat is dit met die Oessie games! Hoekom moet hulle elke liewe donnerse keer na ‘n Neo Zee Landers ene wees? Maar die rooies is nie te kak nie, hulle lyk weer goed en kak gevaarlik op dreef, gee nie die rebelle ‘n katse kans nie. Gaan die tweestryd tussen Koper en O’Bieber fyn dophou, want altwee pis my af.

Rooies met ‘n laggende 17!

Jy glimlag nooit as jy aan ‘n ander man se gat vat nie, net O’Bieber mag.

Groot vriende van die veld en nog groter ‘vriende’ op die veld…

Saturday: Highlanders vs Cheetahs 08:35

Ag fokit, ek warry oor die bad boy! Die Roos stad kinders gaan maar hier hulle sokkies moet optrek en goed speel, en nie die aand voor die tyd Highlander kyk nie. Hulle moet ook fokken meer reguit hardloop, ek het ‘n opgekrulde shongololo met meer rigting gesien as die blikore se agterlyn laas week!

Hooglanders met ‘n heftige 10!

Daar is net een wenner Saterdag

Daar is net een wenner Saterdag

Saturday: Brumbies vs Waratahs 10:20

Jak de Wit se span lyk weer soos ouds, hulle vat nie kak van hulle Kangaroo tjommies nie! Die Walalas is maar net nie goed genoeg nie, en is terselftetyd rerig kak om te kyk, slaap pille en gholf se fokken moer. Net op ‘n ander noot, kan die Oessie kommin-tators net ophou om die bal ‘n fokken pil te noem!

Brombye met 7, en ‘n ekstra 2 vir omdat hulle in Kanbarra speel!

Kan die Oessies hulle intensiteit lig of gaan dit so voel?

Kan die Oessies hulle intensiteit lig of gaan dit so voel?

Saturday: Stormers vs Chiefs 17:05

Eish! Soos ek laas week gese het, en ek herhaal myself weer soos Juffrou Malan in Aardruipskunde, die windmanne lyk nie baie goed die jaar nie! En die Super Secret tribe lyk witwarm want hulle het die Jeetahs van agter gevat en behoorlik oorgebuig. Soos Naas sal sê: “On da Udder Hand” hoop ek dat die windmanne hulle vinger uit hulle holle uit trek, en vinnig.

Weereens die Kaizers met 8!

Al klaar besig om die verskonings uit te dink omdat hulle kak aangejaag het

Al klaar besig om die verskonings uit te dink omdat hulle gaan kak aanjaag

Saturday: Kings vs Sharks 19:10

Hierdie ene gaan eke nie sommer mis nie, ek het in die 2de rondte gesê die Kings gaan kak teen al die spanne maar toe wys hulle vir ons ‘n ding of twee, maar ek twyfel fokken sterk dat hulle die Tshaaks sal wen, die heunigmaankie is nou verby, Die BEEEEEEEEEEAASSTT is weer kak lus vir skrum, verwag dat hy ‘n paar voor ry manne se ruê in die grond gaan plant.

Tshaaaaaks met 20!

Hy is nie jou fokken speel maakie nie, You don'ts foks with da BBBEEAASSSSTTT

Hy is nie jou fokken speel maakie nie, You don’ts foks with da BBBEEAASSSSTTT

Sunday: Blues vs Bulls 05:05

Hoekom so vroeg?! Hoekom!? Weet jy hoe moeilik is dit om ‘n braaivleis vuur so vroeg aan te steek, en weet jy hoe kyk die mense jou uit 9uur die oggend by Tjekers as jy daar gesuip instap met jou bloubul horings en my ‘bloed is blou’ oor jou voorkop geskruif met lipstick!? Maar terug by die punt, ek dink nie die Kalwers gaan sommer die ene vat op Eden Park (Is dit waar daardie Eden kerels uithang?), die Bloues lyk goed die jaar, wonder net of Greim Henrie darem bietjie sal smile in die losie as hulle wen?

Teen my wil en fokken als wat ek voor staan, Bloues met 16!

Looks to fokken kill pappa!! Nou die Blou!

Looks to fokken kill pappa!! Nou die Blou!