Ja ek is terug mensies, laas week se telling resultate het my SoeperBoet lekker omver gegooi en ek het maar bra kak gedoen, die groot verrassing is sekerlik die Koningkies wat daardie lekker pak vir die Wors manne gegee het. Selfs my tone het omgedop van die ekstase van daardie wen. Wel ek is weer ingeroep om die tellings beter te traai voorspel – Wessel Janse van Rensburg Botha in die huis!

Friday: Blues vs Crusaders 08:35

Een van die groot barbies vir die naweek, twee pakke manne wat vir fokol terugstaan, Menner Karter is terug maar “Ek kan fokol wegrol van die rak af” McCaw is op vakansie. Die ene word op Ukland gespeel en ek gaan sommer my koffie dokter vir hierdie sappige game!

Swaardmanne met so 8…..dalk!

Ek kyk vir julle, moenie opfok nie

Ek kyk vir julle, moenie opfok nie

Friday: Waratahs vs Rebels 10:20

Waratahs teen die rebelle! As jy gaan drink vanaand, word wakker vir die eerste game maar snooze vir die gemors. Om jou babie af te skud gaan baie beter wees as om die dop te hou.

Tahs met 12!

Die meeste gehardloop met 'n bal deur 'n Waratah

Die meeste gehardloop met ‘n bal deur ‘n Waratah

Friday: Reds vs Hurricanes 12:20

Nou kan jy weer wakker word, ou Rooies het my weer geloof in hulle gegee laas naweek en hulle speel weer in Oestralie. Koper het sommer weer vernuf op die aanval gelyk maar hulle moet pasop, daardie Orkane fokkers like van orals hardloop.

Rooies met ‘n gesukkelende 3!

Kyk hoe flous hy julle almal

Kyk hoe flous hy julle almal

Saturday: Chiefs vs Cheetahs 08:35

Oh fokkit hier kom groot kak. Maak maar al jou bier oop vir die, want jou gat gaan vasgenael wees voor die Samsoeng Smart kassie. Die Goose het maar effe kak gelyk in die thirst half maar het toe in sy eie gekom (fokkit dit klink skurf). Ek hoop en fokken smeek dat die ramkatte die ene wen maar ek dink die Spur Secret Tribe gaan hom vat met ‘n fokken groot telling.

Kaizers met ‘n moerse 22!

"Kom ons try net 8 drieë afstaan die keer boys"

“Kom ons try net 8 drieë afstaan die keer boys”

Saturday: Bulls vs Force 17:05

As die Wors gedink het die Konings was ‘n tawwe Fokker, het hulle verkeerd gedink. Die BULLE gaan hulle fokken horings uitbring en die Perth-frikaners gaan lang trane huil kom Saterdag! Morras gaan sommer die rekord ook breek vir meeste skoppe pale toe oor na al 26 drieë.

Fokkit moer groot, Bulle met so 30 + (Of ek hoop so)

Hy gaan meer vlieg in die game as wat hy hardloop

Hy gaan meer vlieg in die game as wat hy hardloop

Saturday: Sharks vs Stormers 19:10

Die Shaaaaks teen die winde van die Kaap. Hulle speel in Durbs, bunny chow en suiker riet volop! Ek dink eerlikwaar nie die winde is so sterk soos almal se nie, maar times will tells if I are wrongs! Shaaaaks gaan hierdie enekie vat net omdat almal mooi skoon hare het en fokol Dandruff want die Lam is daar.

Thhsaaks met 7!

Ek dink ons almal moet maar net Tsaaks word

Ek dink ons almal moet maar net Tsaaks word