Ons is terug vir 2016! Whoooopie! Kapow! Whoosh! Met ons intrapslag wil ons julle graag in kennis stel van SpeedoFest 3! Ons weet, ons weet. We had you at Speedo.

Die 3de Speedofest word op 20 Februarie by Rumours Lounge in Weltevreden Park gehou. As dit te vêr is, slaap oor by jou tjommie in Jolburg of klap ‘n Oeber huiswaarts as jy nie jou drank kan hanteer nie. Better safe than fokken sorry tjopper.

Dit gaan ‘n charity en fundraising makietie wees, hosted deur Florida Waterpolo Club en Rumours Lounge. Hulle wil almal daar hê wat ‘n liefhebber is van goeie musiek, kief kuiers en natuurlik, ‘n lekker Speedo!

Daar gaan 30 orkeste optree, daar gaan 3 optree platforms wees en jy kan al Rumours enter voor die vliegtuig oor is, okay… dalk so paar minute na dit! 50 bokke kry jou in met ‘n donasie vir charity, 70 bokke sonder ‘n donasie. Dis fokkol, jy weet jou hart smag om ‘n donansie te gee.

tumblr_n1b41hwY3m1toamj8o1_250

Die charity word nog bespreek, maar dit gaan vir ‘n diere organisasie wees.

Kyk, as jy nie jonk van hart is nie, en die Speedo-effek jou afgeskrik het, moenie kwel nie. Jy hoef nie een te dra nie, maar ons beveel aan dat jy ene moet klap. Do it for the animals!

Check sommer die line-up hier uit, sien jou daar, ou perd!

As jy nog twyfel in jouself, bekyk hierdie lekker tekkie video van laasjaar. Maak nou plan!

Speedofest 2.0 Highlights VideoA specially massive thanks to James Williams and Cody Pike for all their hard work, cocktail drinking, talent and hubbly smoking

Posted by Speedofest on Tuesday, May 12, 2015