A Place in the Sun, ‘n Plekkie in die Son.

November is om die draai en jy soek ‘n plekkie om rustig te wees. Dalk bietjie cocktails op die strand te drink en oop ballas te bemeester? Wel, ons kan dit nie vir jou bied nie… maar iets baie beter. A Place in the Sun by Nkwe Resort! Ja, die plek waar jou oom/pa/niggie/oupa apparently al geduik het om die bodem te kry in die gat. Almal se familie het dit al probeer. Elke familie het hulle eie storie van Nkwe. Kom ons maak nuwes!

Maar terug by die fees. Dit vind plaas in November, van die 17de tot die 20ste. Sommer so op die Desember vakansie se gat. Skip maar jou jaareindfunksie want hierdie gaan dit in sy gesig roundhouse kick. Once!

Ons is fokken opgewonde om hierdie te beleef. Ons het al talle kere by Nkwe gaan braai en van daardie rots gespring in die water. As jy nog nie… do you even Pretoria, bro?

Dis ‘n fees wat moerse potensiaal kan inhou. Dit kan nog ‘n merkie in jou dagboek word. Dis klink so mooi, ons gesig begin sommer te water van ‘n orgie van blydskap.

Fokken Idyllic

Fokken Idyllic

Wat kan jy verwag van hierdie nuwe fees? Let them break it down for you.

Join us on a journey, filled with music, camping and swimming. Make memories with friends and like-minded music lovers.
Dress up alongside astronauts, space aliens and other out of this world beings.
Get ready to go on a discovery of a music universe like no other where everyone finds their place in the sun.

Maar wie speel daar, vra jy jouself? Moer baie orkeste, meneer! Leen jou dwalende oë na die link .

Het jy gaan kyk? Raak dit bietjie warm in jou broek? Vir ons doen dit. So ongemaklike gevoel… dat jy dit nie kan mis nie, en dat jy nie die vroteier van die groep wil wees nie?

Jy kan jou kaartjie vandag bier bespreek en sommer jou beursie gelukkig maak.

Nou wil jy seker weet of dit nog in ‘n Woodstock gaan verander? Nee, hierdie peeps weet van! Hier is die wenspan:

a Place In The Sun is South Africa’s is an exciting project put together by old hands in the festival industry.

The team consists of Gareth Wilson, Nicol Van den Berg & Jan Roode of the Good Luck Bar, Catherine Grenfell, previously from 5fm and Dawid & Henk Fourie, promoters of the notorious RAMfest Festival.

Jinne! Dit is iets wat jy nie wil misloop nie. Bring jou tjommies, dame en sommer jou kar mechanic saam. Almal gaan hier baljaar en die tyd van hulle lewens hê. We don’t doubt that. Ons gaan daar wees, in al ons glorie en swem-onderbroeke.

Sien julle sexy mense daar!

14102254_1270707449630778_8699004771049685371_n