Saturday 16 June 2018, Capital Craft will be hosting the 6th annual Capital Craft Beer Festival. Over the last few years, Capital Craft Beer Festival has established itself as an indispensable part of the Pretoria social calendar not to be missed as 10 000 beer and music lovers congregate in the beautiful natural scenery offered by the Pretoria National Botanical Gardens. This event sets the bar for the industry with over 40 brewers present, ample entertainment available and a massive variety of food to choose from. Don’t miss out on this moerse spectacular event. Dit gaan ‘n jol van formaat wees. Bier en good vibes heel dag!

3 music stages, 1 comedy stage, 40 lekker brewers, and over 200 different kinds of beer! #Jinne!

Die kaartjies gaan jou beursie laat glimlag teen R170, and it includes branded mug and a venue/brewer layout map.

Tickets are available at Capital Craft Menlo Park, Capital Craft Centurion and online at Plankton.mobi

Tickets will be R200 at the gates

Ticket Link:

For more information, check out the Facebook event!

 

Foto deur Travys Owen

Met al daardie informasie nou tot jou beskikking, het ons met die einste Schalk Bezuidenhout vinnig gesels:

Hi daar, meneer! Capital Craft Beer Festival is om die draai. Is jy opgewonde om die fees by te woon en op te tree?

Ja, ek love bier. Need I say more?

Nie rerig nie… Haha. Watter van die biere is jy gretig om te probeer by die fees?

ALMAL VAN HULLE!

Haha. Dankie. Wat is die vreemdste ding wat jy al van die verhoog al gesien het terwyl jy optree?

‘n Baba wat slaap. Naderhand het ek gedink iets is fout, want ek kon nie verstaan hoe die baba nie wakker word met al die mense wat heeltyd lag en klap nie. Turns out, dit was maar net ‘n baie soet baba.

Is dit ‘n goeie ding om ‘n paar biere te drink voor jy op die verhoog gaan of is dit beter om dit op die verhoog te drink?

Voor en gedurende. Dit hang af van die performer. Party mense slur en kan nie hulle drank hanteer nie. Ek vind dit maak my net lekker los en braaf. Dis dan dikwels die lekkerste shows 😉

Laaste vraag. Wat kan mense verwag van Schalk Bezuidenhout by Capital Craft Beer Festival en hoekom moet hulle ‘n punt maak om jou te beleef in aksie?

Ek gaan eintlik maar die dinge aan die gang hou en so bietjie comedy gooi. Mense kan verwag om te lag. Dis so eenvoudig soos dit.

Dankie, Schalk! Sien jou daarso.