Gewoonlik verwag jy dat die Park Acoustics voor Oppikoppi dolleeg is, tolbosse wat verby waai en die klank van die wind wat deur die Voortrekker Monument suis. Wel… dit was vroeg Sondag oggend, en ek het myself voorberei vir ‘n rustige kuiertjie wat aard na ‘n piekniek.

My chomkommer, Fanie, het my gaan aflaai om nege en ek het gelyk soos ‘n drankwinkel in Pretoria Noord wat gratis Klipdrift uitgee. Na baie gesing in die ry was ek uiteindelik voor. Die wag wat tasse koekeloer het my herhinner dat ek ‘n “glas” bottel brannas in my tas besit en dadelik van dit moes verwyder. Natuurlik kon ek nie drank mors nie en die bottel het geknak soos ‘n Windbuks. Met ‘n armbandjie op die pols lyk die ry vir die bus net soos werk. Daar het ‘n lang pad voor my gewag. Klippe, son en gras was my voorland. Na 300 jaar in die woestyn stap, het daardie tonnel van geluk vir my “hello” gese met ‘n oogknik. Daar was musiek in die lug en mense wat skaterlag. Soos wat ek daar deur bars oppad bar toe moes daar net ‘n oomblik gevat word om die beeldskoonheid wat Pretoria is, in te asem asof dit ‘n sigaret na sex was.

Omdat ek nie bestuur het daardie dag nie moes ek groot gaan. Die musiek is great en die mense was moer baie. Darem het ek met ‘n paar mense gesels, net om te hoor wat hulle gunstelung ding is van Park Acoustics?

Klaarblyklik lewe ons in die Republiek van Zoid Afrika. Mense het hulle koekies uit die blik gegooi vir daardie vrou. Sommige dames het gehuil op eerste slag van haar kitaar. Vir goeie rede ook. Daai vrou het net ‘n manier om jou patrioties te voel oor ons land en selfs haar as kunstenaar in ons lewe te hê. Ongelukkig kon ek nie by die ander kunstenaars uit kom nie want die barman het my te veel bederf. Karen het wel ‘n besoek van my af gekry en sy was puik. Die atmosfeer by hierdie plek is asof dit van ‘n ander planeet af is. Bring jou maats, bring jou ouma, bring jou aartsvyand. Daar is absoluut geen slegte vibes by hierdie plek nie. Net liefde en salige geluk.
Wees gelukkig en wees geïnspireer.

Groete Kyle van Die Masjiene

13315336_10153464967780706_3242610666074949949_n

Park Acoustics Kyle (Tierman)

Cover Foto deur Henry Engelbrecht.