Dit was ‘n Sondagoggend. Dit was Park Acoustics dag! Totally my gunsteling paar skinnys en boots aangetrek, dit is hoe jy weet Kyle is super hardcorely opgewonde vir shit om te gebeur. Ek en my braggelmander Charl, aka C-slang, aka C-rower, aka C-kat… Anyway, ons bars in die bottelstoor in, daar naby die Sally Williams nougat Spar. Charl het ‘n rookie error begaan en net bottels bier gekoop. Soos ‘n sonstraal het ‘n helder lig my oogballe verblind. Nie regtig nie, maar dit kon net so wel gewees het. ‘n Hele rak vol van Lion Lager! Ek het eers gedog dis my verjaarsdag. Die dag kan net beter raak! Alrighty Then! Cooler gepak! Tyd om die Monument my bitch te maak.

Ek het my arm bandjie aan te danke aan Why Ed, die busbestuurder se snor lyk soos ‘n brandwurm wat weier om te beweeg, almal is vrolik en ek is amped! C-monster het vir ons ‘n spot gekry met ‘n view sodat ons die stage behoorlik kan sien. Wou nog altyd daardie Coconuts probeer het? Wel… Ek het nie so lekker tyd met een gehad nie. Die bra ruk ‘n panga van onder die tafel uit en begin daardie coconut kap asof hy ‘n persoonlike vendetta teen die ding het (die bra ken sy shit). Eerste was daar Soco of oom Jakkie Daan aangebied. Daniels het die fight gewen. Ek weet tot hierdie dag glad nie hoekom nie, maar for some apparent reason het ek 3 shots gevat. Kinders bly in skool, moenie doen wat oom Kyle doen nie. Ek moes met die nagevolge van my aksies lewe, duidelik het ek die strukturele integriteit van die coconut se infrastruktuur hewiglik onderskat.

Nou my liewe maats, nadat ek deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het met daai plant kon ek uiteindelik staan met ‘n leeutjie in my hand. Urban Village was eerste op! Holy shit! Daardie mense se musiek is kragtig! Jy begin dadelik aandag skenk. Doen jouself ‘n guns, maak jou oë toe en luister net na die ouens. Die bra kan vir jou ‘n swembad pyp rond swaai en dit sal soos een van die mees beeldskoonste klank klink wat jy al ooit beleef het. Natuurlik as ek geweet het as kind, ek kon ‘n band join met daardie vaardigheid sou my ma my nie pakslae gegee het elke keer as ek dit gedoen het nie.

Terwyl ek nog met my kaak op die vloer staan het Sutherland net van ‘n kant af gekom en die bietjie breinselle wat op die vloer gelê het net weer laat ontplof. Nomadic Orchestra het ook nie regtig my kans gegee om by die badkamer ‘n draai te gaan maak nie, die line-up was net perfek vir die dag. Als binne my was net gelukkig. Dit is nie Park Acoustics as jy nie by BraaiBoy ‘n draai gaan maak nie. Die man het my op tye gevoer wat ek naby aan dood van die honger was. Mens weet jy stap nie honger daar weg nie. Yum! Pulled pork in my magie en ‘n Pure Pops Pina Colada drank-stokkie in my hand kon ek die koning van die Slap Snaar my volle aandag gee.

Chris Chameleon het soos ‘n Glam-Rock-Space-Engel gelyk. Kom ek skep gou die prentjie van die ou; hy dra hakke, sykouse (sy kuite lyk of dit geskilder is deur Pierneef homself en hy het ‘n bass guitar) Dinge gaan regtig mal raak! Die koning van Monkipop! Die enigste ou wat ‘n Huisgenoot sweetheart en ‘n Cross-dressing-Rockstar kan wees. Die majestic wese het net sy hart uit gespeel en ek kon sien dat elke liewe persoon wat daar was net van sy energie afgevreet het soos ‘n klomp Laerskool kinders wat gratis lekkernye aangebied word (in ‘n goeie manier). Man, die was ‘n great dag. Ek wou graag die comedy kyk… Maats van ooral het my verras, mense wat ek lank laas gesien het. Almal was gesellig! Niks van hierdie dag het skeef geloop nie. Niemand was kwaai nie. Daar was vreugde ooral. Sundowner in die hand en ek kan gaan slaap met die wêreld se grootste glimlag.

Foto deur Christelle Duvenage

Foto deur Christelle Duvenage

Soms mag ons dink dat die wêreld ‘n kak plek is. Dat jy alles verkeerd doen. Niks loop reg nie…

As jy kan eet, iewers slaap en jy het mense om jou wat lief is vir jou, kan niks verkeerd loop nie. Dit is beslis die klein dingetjies wat saak maak my maats. Staan op en sê vir jouself dat vandag ‘n GREAT dag gaan wees. So gaan elke dag soos Park Acoustics voel. ‘n Lied vir die dag!

Wees gelukkig en wees geïnspireer.

Groete Kyle van Die Masjiene