Oppikoppi is approaching us at a rapid pace; there are 20 days left before we take the long road to Norfffham. People are excited, and you can feel the party-aura surrounding the Oppikoppi-goers. It’s madness at the moment! People are buying their tents, making sure their tent-pegs are still in working order (if they have any left) and are already compensating for “lost” coolerboxes. It’s the thrill of preparing for Oppikoppi that gets us; buying your alcohol stock and taking anything that can fit into a boot with, including mattresses, clothes, and friends.

We here at Why Ed have seen our fair share of Oppikoppi’s these couple of years, and now we’re here to help you make it a moerse jol. You’ve probably already seen all the articles that guide you on what to do and to see, so we’re changing it up a bit.

We’re going to do it with the mindset of a prawn. ALMAL WORD ‘N PRAWN EEN OF ANDER TYD:

1. My fok! Why didn’t you check your tent pegs? I mean, it’s the most important part of the tent, (apart from the material)! Nou kan jy maar hout soek om as tent penne te dien. Fokkit. Of nog beter, grou ‘n meter-diep gat presies waar jy nou is, jy SAL tent penne kry, of bokdrolle.

2. Ek sien jou waterbottel is yster… Net omdat jou middelnaam yster is, beteken nie dat jy fokken als moet yster maak nie, ou bul! Gooi daardie bottel in die boot (fok, het jy al jou matras en vriende uit die boot gehaal?), en koop ‘n plastiese ene. Indien nie, loop rond soos ‘n dronkie en soek ‘n leë 2 liter Coke bottel! Dis nou jou skweeeeeegie.

3. Watter band speel volgende?” Tien minute later: Watter band speel volgende?” 20 minute later: “Watter band speel vanaand?” Moenie die bra wees nie. Wees slim en plak die line-up aan die binnekant van jou kar, of permanent marker die kak uit jou arm uit. Jy gaan mos nie stort nie? Dan gaan jy nie Francois van Coke of Shortstraw mis nie – behalwe as jy soos daardie dude in die onesie langs die pad slaap is. Daar is dan geen hoop vir jou nie. Medic!!

4. Medikasie, manne en dames! Die groen ambulaans ry net so ver voordat dit fokkol aan daardie kopseer kan doen. Klim in jou kar en kry kopseer pille, en die goud van die plaas – Rennies! Daardie katoen-mond is ‘n euwel in die oggende, hy gaan jou bliksem soos ‘n Mortal Kombat upperdoos!

5. Oppikoppi is ‘n marathon… ‘n mamoerse ene! Pace yourself. Dan kan jy darem twee-uur die middag maak. Indien nie, slaap in die sand, langs, of op die vuur (verkieslik nie die tweede een nie). Chillax boet! Om nou jou hele kas bier te beer funnel klink dalk na moerse sports, maar terwyl almal sit en die tunes kyk – gaan jy halfpad in jou tent wees en op jou matras kots, en enige hoop van ‘n knypie verby drink. En net vir jou informasie: Bring effies saam, jy wil nie eendag vir jou kind vertel dat hy uit die stof gebore is nie. Hy gaan heelmoontlik dan dink jy is ‘n groter asshole.

6. Dans is nie net vir discos nie. Jy kan bietjie van daardie drink spiere ontspan en jou lyf beweeg. Die electro verhoog sal help met dit. Moet net nie rondhop op die Koppie nie. Jy gaan jou doos afval en oor daardie twee chicks rol in die hippy klere wat voor jou staan. En as jy dink ons lieg vir jou, try dit. Van lekker lag kom lekker huil (by die Medic tent)

7. Agge nee! Die skilpad koppie steek uit! Nael na die naaste kakhuis vinniger as Usian Bolt, dan sit en doen jou besigheid. Daar is niks op die kakpapier rol nie? Jou kak! Vat vir jou so rol of twee saam, die mense wat agter jou gat moet skoonmaak kan nie orals wees nie. Vat jou eie drolpapier, en vermy om jou poephol oor die gras (ek bedoel dorings) te sleep.

Wanneer die skilpad onverwags strike

Wanneer die skilpad onverwags strike

8. Maak jou mond oop. Dis ‘n belangrike ding, as iemand skree “Oppi” maak seker jy skree terug “Koppi.” Dit hoef nie hard te wees nie. Acknowledge darem die persoon met ‘n high five of ‘n Koppi!” Mense dink jy is donners weird as jy net verby almal loop sonder om enige emosie te wys – m.a.w. dit lyk of jy B-line om iemand se kak te gaan steel of oppad is soos op punt 7.

9. Niemand lewe van net drank nie. Jy kan almal convince dat jy op een of ander drank diet is soos die Blou Bul ondersteuners van die Noord, maar ons weet daardie maag smag na ‘n kaaskrul of grondboontjie botter toeba. Eet my seun! En op ‘n ander noot, moet nie jou ma se hele kruidenier-kas saamvat nie; daar is talle stalletjies, en die mense wat daar werk verstaan “Eks soekkigerig ‘n hamffburgiirr” 2uur in die oggend. Ons stel voor ‘n fokken massiewe burger met soveel bacon as moontik op, of potjiekos. Die babelasie hasie sal dan langer wegbly.

10. Jy like van staan? Nee wat, jy gaan dan fokken lank staan. Kry vir jou gat ‘n gemaklike rusplek vir die fees. Moenie dink die cooler is vir jou gat bedoel nie, jy donner baie maklik van hom af en hy duik in, nes jou hoop om koue drank te hê vir die fees. Vat ‘n stoel! Maak hom aan die dak vas, tape hom teen die deur – maak net seker jou gatrus kom saam.

Dit is ons lys. As jy van enige ander “hints and tips” weet, drop ‘n comment hieronder.

Sien julle by Oppikoppi! As jy nog nie ‘n kaartjie het nie – moenie dom wees, koop ene nou, en vermy om weggewys te word by die hek, om te huil gaan ook nie help nie, hulle gaan in egeval dink jy is te emosioneel om die plaas te betree met jou trane – click hier en skaf vir jou ene aan. NOU!

Foto deur Henno Kruger

Foto deur Henno Kruger