Suid Afrika se ikoniese musiekfees is amper op jou voorstoep! Oppikoppi is vir ieder en elke musiekliefhebber ‘n moet in Suid Afrika. Die fees vind plaas volgende naweek in Northam, en almal wat dit gaan bywoon is al klaar besig om hulle tente te inspekteer en hulle gesigte in stof te druk om voor te berei. Om hierdie musiekfees te vier het ons met ‘n paar kunstenaars gepraat oor Oppikoppi. Die week het ons vir Francois van Coke genader vir so paar vrae. Hy is die stem agter Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, en hy het ook sy solo jol met Die Gevaar wat ‘n moerse sukses sover is.

Ons het ‘n bietjie met Francois gepraat oor Oppikoppi.

 

Foto: Jonathan Ferreira

Jy het nog nie ‘n Oppikoppi gemis vanaf 2004 nie. Watter jaar staan vir jou die meeste uit en hoekom?

Daar is ‘n paar. 2005 met Fokofpolisiekar, want dit was die eerste keer dat ons op die main stage gespeel het en ons het ook ‘n acoustic show die middag gedoen by die Red Bull/Dance stage. Dit was baie groot op daardie stadium. Ons het ‘n Van Coke Kartel main stage slot gespeel in 2014 en dit was een van die beste VCK shows in ons 10 jaar geskiedenis. Dan hoop ek hierdie jaar gaan uitstaan, dit is die eerste keer dat ek as ‘n solo artist op die main stage speel. Ek en my band, Die Gevaar, is baie opgewonde.

Die Top Bar is ‘n mal plek op sy eie by Oppikoppi. Het jy enige stories wat jou laat glimlag van die plek?

Baie, ek het ongelooflike parties gehad by daardie bar. Sit magic mushrooms, The Rasmus, bananas en the shadow bymekaar en jy kry ‘n mal paartie. Francois Blummer van die Nude Girls het my leer Whiskey drink daar en ek het Arno Carstens daar ontmoet vir die eerste keer. Ek het Tot die son uitkom vir Karen Zoid gespeel op headphones in die middel van een van die jols daar en sy het toe paar jare later die song gecover. Die res is ‘n blur. Daai bar is die beste vibe.

‘n Dag in die lewe van Francois van Coke by Oppikoppi. Wat gebeur in daardie paar ure?

Deesdae is dinge baie rustiger as vroeër jare, want ons pull net in en uit vir die show. Ek kom gewoonlik daar aan, gee klomp mense/vriende drukkies, praat kak met ‘n klomp joernaliste, raak bietjie senuweeagtig voor die show, speel die show, hang met die band en vertrek na ‘n gastehuis.

Wat is die vreemdste vraag wat ‘n persoon vir jou al gevra het by Oppikoppi?

Kan jy my nie onthou nie? Ons het 2004 saam geparty by die boonste bar.

Jy en Die Gevaar speel die jaar by Oppikoppi… Wat doen julle voor die optrede om op te warm?

Die manne drink ‘n paar whiskeys en ek maak asof ek my stem opwarm.

As jy vir iemand moet verduidelik wat Oppikoppi is, hoe sal jy dit beskryf?

Dit is daai stowwerige plek tussen die Hemel en die Hel, waar goed sleg is en die slegte die goeie soen.

Van al jou optredes by Oppikoppi, wat sal jy sê is die snaakste ding wat jy al gesien het in die crowd toe jy opgetree het?

Hendrik Geeljas

Ons wil net dankie sê aan Francois vir sy tyd. Maak seker jy kry jou gat by die verhoog as Francois en Die Gevaar dit klap.

*Header image by Andre Badenhorst