Jinne! Hoekom doen ons dit aan onsself? Hoekom koop ons elke jaar ‘n kaartjie om soos ‘n klomp vuil uile te lewe? Amper dood gaan van al die stof wat ons longe betree?

11891542_838635799564907_7675929569542587104_o

Spot yourself!

Elke jaar wil ons almal aan onsself bewys dat ons Koppi kan wen, maar dis al hoe meer duidelik dat Oppikoppi die groot “Boss” is van die Game-wêreld wat jy aanhou sal probeer wen, maar net teen die einde net weer sal af kak. Ons spandeer die hele maand se salaris om een te word met die stof, drank en musiek.

Ons almal begin skoon. Kom hier aan met allerande verwagtinge en “goals” om elke band te sien wat jy neer geskryf het. Jy ry in en kies ‘n lekker “camping spot,” park die kar, klim uit en maak daardie eerste koue biertjie oop. Dan begin die moeilikheid al klaar, deur daardie tent op te slaan – al daardie pennetjies en die instruksies wat ‘n mens mooi moet beoog – plus die feit dat jy dit moet doen in die wind.

Ons het darem van daardie lekker outjies gehad wat jy net gooi en hy slaan homself op… maar dan kry jy daardie boys wat paleise opslaan met ‘n slaapkamerstel binne en bedkas lampie langs die bed. My ou! Jy doen Oppikoppi verkeerd! Soos baie van ons, het jy seker nooit daardie tent gewas by die vorige Koppi nie en sien al jou sondes wat ontwaak.

Vir die wat in hotelle gebly het, I can’t blame you. Niks is erger om laat te kom Koppi toe en dan moet jy daar ererns in fokken Diepsloot kamp. Nee wat! Ek was gelukkig om in lekker hotel myself te bly – “Baas se Plaas.” Dit was sy eerste jaar en nog heelwat verward, maar ek belowe jou jy het nog nooit so royal gekuier nie. Hulle slaan jou tent op en hou plek terwyl jy net jouself hoef te bring. Lekker fluweel banke wat seker 3 meter gestrek het, en ‘n mooi groot Persian rug om die grond in toom te hou, en dan al die gazebos wat daardie warm sonnetjie weg hou.

11811328_10153508969528320_2817086189020013408_n

As jy bevoorreg was soos ons wat die Woensdag oggend al deur gery het, voel jy seker nou nog vuil. Twee dae by Oppikoppi wanneer die hekke eers Vrydag oop maak… genugtig, jy leer dinge van jouself. Moet se ons het effens ge-cheat, deur een oggend na Wimpy toe gery het vir ‘n lekker breakfast en ‘n bietjie suiwer suurstof. Dit was die eerste keer wat ons uit Koppi gery het om kos te kry. Jy kry ook daardie mense wat braai by Koppi – weet nie hoe sekere mense “flame grill” kan probeer “braai” nie, en dan verwag dis iets uit Spur nie, want fok Bra, daai goed het gekrummel van die brand.

Die een voordeel van ‘n hotel kamp is dat jy heeltyd nuwe mense gaan ontmoet, as wat jy heeldag in jou vriend se dronk gesig moet staar. Baas se Plaas het dit als gehad: wit, swart, kleurling, gingers, poppies, moffies, die druggies, die dealers, die forever alone, die loud mouths, die silent types, die observers en daai een vriend wat soms alles kan wees – dronkie wat altyd te vêr gaan, op ‘n goeie manier though.

Wil net gou by gooi dat die poppies wat elke oggend in die karre gesit het en make-up op gesit het – well done! As ek moes probeer eye liner op sit, het ek heel waarskynlik my oog uit gehaal. Maak soos ek en sit ‘n sonbril op en los hom daar – niemand hoef te sien hoe jou oë jou haat nie.

tumblr_inline_mt8zk4E3gq1ryi9g2

Koppi leer mens ook nuwe gesegdes soos “Cane vir die pyn”, “Bier vir die Nier”, almal is baby girls, en baby boys, en as jy na die stages toe gaan, dan gaan ons “musiek.” Jy drink, dis wat jy doen. As jy so dom was soos ons wat ‘n liter waterbottel gehad het, vergeet jy maklik hoeveel jy nou eintlik drink. Na ‘n ruk besef mens jy het about 5 liter se drank ge-polish in 4 ure.

Met al daardie drank moet mens ook ‘n bietjie gaan pee. Dit was nou ‘n fokop vir die girls, want mans kan net gou ‘n bos kies en gaan. Girls het afgekak hier! Ons moet al die pad loop na die badkamers toe en asof dit nie erg genoeg is nie, moet jy elke liewe kakhuis se deur oop maak om te kyk of die toilet skoon is. In hierdie proses loop jy al krippel soos jy knuip en kan ook skaars asem haal want dis waar jy seker die ergste reuke van jou lewe sal ervaar. Wees slim in die toekoms en bring jou eie rol kakpapier en sommer ‘n botteltjie anti-septic, want as jou koekie begin jeuk, moet jy warrie.

Dink die ouens wat saam die girls geloop het verdien medaljes of ten minste ‘n cuddle, want hulle moes saam soek vir ‘n skoon badkamer en flits skyn asook sakke of bottels vas hou. As ‘n girl wat elke toilet moes deurkyk, sien ‘n mens ook ‘n paar goed raak. Die ou wat op die toilet gekak het sonder om die sitplek se deksel te lig, wat die fok my ou!

tumblr_lw5ukd3bH41r4gei2o1_400

As dit kom by die showers – is alles in orde. Die water is yskoud, maar dis hoekom mense in die middae moet gaan, wanneer die son jou behoorlik bak. Die oggende is moer koud! So, vir die wat wel gaan shower het in die oggende, jussie! Jy is my rolmodel.

Ek weet nie of enige iemand opgelet het nie, maar elke liewe kar het ‘n stof-penis op gehad. Dit was verseker een ou, want die tegniek was dieselfde. So vir daardie “Dickasso” well done! Het vir ‘n oomblik gedink my kar is veilig net om die volgende oggend te sien my kar was gemerk met een van sy wenners.

Die hekke het eventually oopgemaak vir die entertainment area. By een van die ingange word jy lekker getroos deur Conrad se STRAB bussie wat heeldag musiek gespeel het. Die eerste ding wat almal wou doen is om kos te kry! Hungry Boy was een van my faves! Vir die van julle wat koffie like – daar was ‘n stalletjie wat net cater vir dit. Die ry was dalk lank, maar dit was die medisyne wat nodig was om elke oggend deur te maak. Het selfs mini doughnuts gekoop, wel, twee van hulle, totdat die ander doughnuts die grond geheadbutt het. Koppi se kos is lekker! Weet nou nog nie hoekom mense hul eie kos bring nie want die stalletjies het regtig die lekkerste kos!

11060861_10152929085096510_3640286107995692604_n

Die STRAB Party

 

As dit by die bands kom gaan ek nie diep dwelf nie, want ek is seker daarvan dat almal hulle eie opinie het! Maar moet net sê dat Tweak entertaining was – nie ‘n fan myself nie, maar dit was ‘n goeie show. Hulle het een van Blink 182 se songs ge-cover en ek’t amper ‘n traan gepik. Nie omdat dit mooi was nie, maar omdat ek nooit Blink in lewende lywe sal sien nie.

Ons het nie so baie bands gesien nie, want dit word of mis gedrink of ons kon eenvoudig nie geloop kry nie. Soos die aand van P.H fat – ons het voor ‘n kampvuur weg geraak totdat daar besluit was om op te staan en net die show te gaan kyk! Hier het mense hulle tiete af gedans en as jy mooi gekyk het sou jy Danielle Roe se kunswerke op die skerms beleef het. Sy het geskreeu agter my van blydskap, en ons het haar geluk gewens, maar secretly was ek jaloers, maar tog so trots op my maaitjie!

As dit nie die bands was wat ons geluister het nie, was dit ons eie Kabous met sy guitar skills by die campsite. Hier het dosyne saam gekom en sing-alongs gehad. Hoor nou nog die woorde in my kop:

Bye Bye, Miss American Pie
Drove my chevy to the levee but the levee was dry
And them good old boys were drinking whiskey and rye
Singing this’ll be the day that I die

Die oggende by Koppi is seker die lekkerste ooit. Jy sien almal opstaan en slegter as jy lyk. Almal praat van die aand wat hulle gehad het en die funny goed wat hulle beleef het. Jy gooi die ou drank uit en wonder wat die fok het jy nog heeltyd gedrink, want daardie reuk was nie bekend nie. Hier word mens sleg, sit weer op die banke of stoele en almal is stil. Behalwe vir daardie een vriend wat nog katjie van die baan is en jy wonder hoe die moer hy nog lewe:

Daardie Een Vriend: Het julle boys Cream Soda?
Ander Vriend: Ek hoor daai shit werk vir hangovers, is dit waar?
Daardie Een Vriend: Ek weet nie, ek wil my Cane drink!

Nee wat! Jy lag lekker! Veral as daardie een vriend ‘n Pikachu onesie het en sy stert aan die brand slaan by die vuur. As jy hier uitgepaas het word jy wakker met ‘n penis op jou gesig of die woord “papsmeer” op die bo arm. As jy gelukkig is sou dit af gesweet het teen die tyd wat jy wakker word, anders het jy maar rond gewandel en gewonder hoekom die mense so vriendelik was.

11180601_10152942722345178_4834952643772733072_n

Wenner!

Die Koppi het nogal ‘n paar virgins gehad. Hulle val gewoonlik die hardste! Het so twee gehad wat uitstaan, die een was geslaan vir geen rede en die ander een, het in die diepste gat by Oppikoppi getrip en geval. Daar was baie injuries by ons campsite. Jy voel eintlik sleg vir die mense, maar jy kan ook nie help om in hulle gesigte te lag nie. Daar was ‘n groepie wat voor ons gekamp het wat ‘n dartboard teen die boom gehad het. Jy moes die darts oor ons tent elke keer gooi om by die board uit te kom – dis ‘n wonderwerk dat ons nog lewe. Een van hulle het wel gekak en tien steke ontvang.

Ons het selfs ‘n crew gehad wat by ons kamp was wat ‘n film geskiet het. Dit was die langste halfuur ooit – niemand mag praat of drink nie. Dink die short film se naam was “When Love runs out” maar daar was ‘n lig aan die einde van die tonnel – toe ‘n vriend ingeloop het en onbewus was van wat aangaan en vir almal vra hoekom dit so stil is. Die mense het gelag en die film crew het gewaai. Daar was eintlik te veel goed wat gebeur het, maar wil nie ‘n opstel skryf hier nie. Dis hoekom ‘n mens fotos moet neem!

11825994_10153516602368320_8888549003064024328_n

Die enigste negetiewe ding wat by koppi gebeur het, was dat ons Beer Pong tafel gesteel was – mag daardie ou ‘n bal kramp kry. Vir die res van die tyd was dit smooth sailing! Daar was ‘n paar fone weer gesteel, maar hoekom het jy hom in die eerste plek. Los daai shit in die kar – jy is by Koppi om weg te kom van die wêreld. Behalwe as jou ma jou bel, dan moet jy seker maar die foon hê.

So hoekom doen ons dit aan onsself? Want dis fokken lekker! Vir daardie 4 dae of meer vergeet jy wie jy is, jou verantwoordelikhede, jou skuld en jou kak werk wat jou doodmaak binne. Jy kom Koppi toe om weer ‘n kind te wees! Jy vind jou siel weer en verloor hom op die dieselfde tyd. Jy slaap skaars. Jy is permanent vuil en wonder hoe jy nog nie siektes op getel het nie. Jou hare voel soos gras, jou tande het hare en jou oë is bloedrooi.

drunk-boyfriend-stage7

Dis wat ons almal nodig gehad het. Jy is weer reg om die wêreld te “face.” Dis hartseer om Koppi te groet maar op dieselfde tyd kan jy ook nie wag om van dit weg te kom nie, want Koppi sal altyd wen en jy sal altyd verloor. Dis nogal erg om met ‘n moer vuil kar deur die normale mense te ry maar ek dink hulle weet al dis “daardie” ouens. Was snaaks toe Die Heuwels Fantasties se Leja gespeel het op die radio – as jy die woord Leja vervang met Koppi, dan is dit die anthem vir post-Koppi!

As jy eventually by die huis gekom het – vang jy die langste shower ooit, lê in die fetus posisie in die hoekie en kyk hoe die grond jou verlaat. Jy moer twee bottels conditioner uit op jou kop net sodat jou hare weer kan beweeg. Dan val jy in ‘n koma in vir ‘n hele dag en slaap.

Ek is nou skoon en my hele lyf is seer, die stem is weg en my oë hang nog. Die kar lyk nog sleg – maar dis ‘n ander dag se probleem. Ek mis klaar weer vir Koppi. Vir die mense wat kak en kerm oor hoe sleg die plek is maar hulle was nog nooit daar nie – shut up peasants! Jy weet eintlik fokkol en jou lewe klink maar vervelig. Vir die res wat elke jaar kom! Well done! Julle is survivors! Fok vir Bear Grylls.

bear-grylls-eyebrows

[su_heading size=”40″]Dankie Oppikoppi![/su_heading]

 

Resensie deur KillerLamb en Fotos deur Henno Kruger