Oppikoppi is around the dusty corner, and it’s going to be kakmal. Het jy al jou tentpenne getel? Jy gaan almal verloor! Selfs jou vriende… And do you have your tickets yet? If not, click here. With that said, we’re asking Oppikoppi artists 7 fokken lekker questions about the festival and a few other random questions that you would like to know. We had a chat with the one and only, Jack Parow!

Al wat ons van Jack Parow kan sê is in sy eie woorde: “Ek is die original donker dodgy afrikaans rapper… I am from the future – like the Terminator or Blade. I make rap music that makes your girl walk funny.”

Eerste ding wat ons moet vra, het jy enige verrassings voor jou opvoering by Oppikoppi die jaar? Enige seerower kapteine wat ons kan verwag?

Of course, maar net een seerower die jaar en as for surpises, sal julle maar moet wag en sien. Ek het ‘n paar planne in die mou, moet net ‘n nugter dag of twee kry om dit uit te knip en saam te cello tape.

Jy was al by ‘n paar Oppikoppi feeste, watter ene staan vir jou die meeste uit? 

Ek dink seker nogsteeds my eerste een, almal was mal al, regtig, om main stage te jam, die Captain Morgan ding, baie laat aande van kak praat en kak aanvang, maar die eerste een is altyd die beste, was actually my eerste show pretty much as Jack Parow, of eerste proper show buite ‘n shebeen of een of ander dodgy club en ek was kak nervous en my chommie Peach het sommer vir my ge’dj en dit was op die kleinste stage en daar was nie ‘n dak oor my nie en like 12uur die oggend in ‘n miljoen graade, maar die mense het gekom…fkn almal…ek het n foto daarvan wat Sean Brand geneem het, dit was packed en ek het so baie opgefok en ek was so dronk, maar fok, what a jol, ‘n memory wat ek nooit sal vergeet nie.

jack parow oppikoppi

Fokkit! Jy sal nie glo nie, maar ons was daar vir daardie show. Waar is die beste makietie by Oppikoppi? Mordor of Kreef?

Op die stage met ‘n koue fkn bottel Jager in die hand en al my lekker chommies wat jol en rond spring, dis die beste fkn plek in die wêreld.

Het jy al enige beserings opgedoen tydens Oppikoppi? Indien wel, sal jy omgee om met ons dit te deel?

Baie, ek het al oor hakkies draad gebliksem en my been oop gesny. Ek het al my enkel so erg geswik van spring op stage dat ek skaars kon stap en dan het ek obviously derduisende unidentified drinking injuries en nie gepraat van al die mental scarring wat ek al opgedoen het nie… na elke Oppikoppi is ek net verder scarred for life.

Watter item sal jy nooit vergeet om Oppikoppi toe te vat nie?

‘n Bottel Jager!

Wenner daai! Hoe berei jy jouself voor vir die rooi stofwolk by Oppikoppi? Is daar enige advies wat jy vir nuwelinge kan gee om dit te beveg, of moet hulle “roll with the punches”

Jy moet maar rol my vriend… maar as jy wel bietjie bang is en veral as jy ‘n musikant is wat nog ‘n stem moet hê at some or other time, koop n proper fkn buff en hou hom oor jou bek, want die stof maak snaakse dinge as hy eers in die keel in kruip. Anders as dit, drink baie, dit help vir die pyn en koop een van daai sak showers as jy wil shower en jy bly in mordor want binne die eerste fkn 15min na die deure oop gemaak het het een of ander lightie alklaar elke shower stall bekots en bekak en fok plakkies in die shower dra, dra fkn gumboots, ‘n mens weet nie wat daar weg kryp tussen die krake nie.

Rof! Laaste vraag, die malste ding wat jy al beleef het by Oppikoppi?

Ek het iemand al n vlakvark sien tackle en later braai… nee kyk… daai is fkn kliphard

Horries! Dankie Jack vir jou tyd! Maak seker jy kry jou gat by Oppikoppi! Kry nou vir jou ‘n kaartjie, jy gaan nie die makietie wil misloop nie. Fok ja!