Het jy mal erg Mangoes gepluk by Oppikoppi die jaar? Dit was ‘n rowwe ekspedisie naby Norfffham! Dit was weereens een vir die stof modder boeke.

Ons weet elke Jan Rap en sy Maat klap ‘n Oppikoppi resensie na die fees. Iets in die lyn: “My Oppikoppi experience, Oppikoppi through my eyes and My 2 Cents on Oppikoppi”

Ja, dis lekker en al die mooi goedjies. Maar kom ons verander dit ‘n bietjie. Ons gooi hierdie jaar ‘n Onderhoud Resensie om Oppikoppi vir jou te beskryf, verduidelik en nog meer. Oppikoppi het verander… so, ons moet ook. Ons het met Die Poena bietjie gesels oor die fees en ons stoute brokkies inligting te gee oor wat gebeur het.

Sit terug, kry ‘n dop en lees lekker. Piele!

 

Aweh, Poena! Jy was die jaar by Oppikoppi? Hoe was die hele vibe vir jou?

Oh yes, nr.10 in die sak! Dit was baie anders vir my, ek dink dis omdat dieselfde crew nie daar was nie. Dit het vir my soos geen ander jaar gevoel, nog een vir die Oppikoppi-belt!

Wat het vir jou die meeste uitgestaan die jaar?

Fok, baie dinge! Die hele organization van die fees was vir my nuut. Om kontant op jou kaart te sit is vinniger as wat jy dit uitgee. Jägermeister trokkie was bo baas, ek het hom vele kere besoek. En by die piepie area het hulle van daai oulik staan en piepie goed gehad, was baie gerieflik!

Mordor is maar ‘n rowwe jol? Wat is die rofste ding wat jy die jaar beleef het in die area?

Mordor is altyd rof, daar is geen reëls nie, daar doen jy net wat jy wil, wanneer jy wil! Ek en Tanya Jones het Saterdag in die stof strate gaan rondloop om te kyk wat vang die mense aan. Daar was lekker vibes, jy kon sien dat die mense die tyd van hulle lewens gehad het, maar niks om jouself oor te breek nie. Ek het graag gehoop om weer te sien hoe iemand deur die kamp terreine hardloop asof ‘n draak hom jaag wat op hitte is!

Watter van die orkeste het vir jou die meeste uitgestaan die jaar?

FRANCOIS VAN COKE!! Nou dit was ‘n show, ek voel baie jammer vir die mense wat hom gemis het, ag shame nè! Ek ken nie The Naked and the Famous nie, ek het per toeval verby die stage geloop waar hulle, hulle musiek met die mense gedeel het, my lewe het net daar stil gestaan! Stop en luister klaar! Alles klaar! Koppi het na die show gegons oor die optrede van The Naked and the Famous, “rad dude, please tell me that you checked The Naked and the Famous out dude, fucking insane, if you missed it, you will die alone dude”!! LOL gooi een bra vir sy ander bra!

Vertel ons ‘n bietjie wat het jy die laaste aand aangevang?

As die laaste aand voor lè en jy kan sien hoe die son jou verlaat dan vat hy hard aan jou hart, jy raak bang want jy is nog nie gereed om jou Koppi af te sluit nie!
Ek het die laaste aand ‘n date 20h00 gehad met een van die pragtige Captain Morgan dames, ek moes geweet het it’s too good to be true! Jip, sy het nooit gepitch nie, Charles Stevenson het my darm company gehou, dis nou die bra van Scotland af (Suid-Afrikaner).
Ons het haar later die aand by die cash load tent gekry, my woorde aan haar was nie iets wat my familie moet hoor nie.
Later die aand het ek en Tanya gaan gevaarlike beats luister by James Phillips en Red Bull, INSANE!!! En so het ons die aan afgeluit met ‘n panini wat haar vermoedlik siek gemaak het.

Hoeveel kilometer dink jy het jy die jaar geklap?

Nie so baie soos Henno Kruger nie, hy het track gehou en ek glo jy sou ‘n boer ‘n go gegee het in ploeg seisoen! Ek kon die Sondag in my bene voel dat ek verder as normaal geloop het!

Wat sal jy sê was die befokste happie (food) wat jy die jaar gehad het?

Panini was gooooood!! Nog nooit dit geëet nie, was lus vir iets anders, nie iets wat mens altyd eet nie.
Vroeër die dag (Saterdagoggend) het ek en Kyle Ludwick ‘n plekkie gesoek om ons leë maggies vol te maak, ek het toe vir geen rede ‘n fokken hoender slaaitjie gevat! Dit was nie ‘n trotse besluit nie, en die mense het my snaaks aangekyk.

As jy een ding wat jy by Koppi gedoen het kon verander, wat sou jy doen?

Niks, daar is nie 1 jaar waaraan ek kan dink waar ek iets sou wou verander. Alles by OppiKoppi gebeur net, en jy moet net saam beweeg. Jy mag dalk nie van die slimste besluite daar neem nie maar jy doen want dit is Oppi-fokken-Koppi!!

In jou mening, wat het hierdie Koppi vir jou “gemaak”?

Salsa Bomba!!! Dit was nou vir jou entertainment! Ek, Kyle en Charles het geleer hoe om te salsa, nou nie meesters nie, alhoewel Kyle dit genail het (kon sien hy het dit al gedoen), het ek maar meer aan die moves gefokus en… ek lieg. Ek het gekyk hoe dans die dames! Hulle kon daai lyfies van hulle skud soos ‘n opgewarmde cement mixer!! HOT!!

Kyle en Poena

Wie was jou campsite maatjies wat hierdie jaar jou Koppi bedoos gemaak het?

Hierdie jaar was dit ñ heeltemal ander camp vibe, ek mis so paar mense se name, baie nuwe gesigte ontmoet.
Kyle Ludwick
Tanya Jones
Charles Stevenson
Baas de Beer
Henno Kruger
Wiehan Havenga
En nog ‘n klomp ander mense! Fokken lekker mense!

Party mense het gekak en kerm oor die jaar se reën en goed? Hoe was die hele effek vir jou?

Pfff, hulle dink net aan hulleself!! Hulle moes aan al die boere in die omgewing gedink het, hulle het ook almal in die reën gedans!
Ek het my goeie vriend Ruan Jacobus daar raak geloop (hy het my eintlik daar raak gery), ons was goed nat van kop tot toon, maar dit het ons fokkol gepla nie.
Paar kamp areas besoek, gekyk wat doen al die mense, ‘n girl oortuig om ‘n vuur te maak in die reën, was suksesvol en sy was baie trots op haarself want al haar vriende het gedink sy is useless!
Toe ek nou rerig lus is vir ‘n stel droeë klere toe moes ek maar uit tap soos ‘n MMA fighter wat in ‘n chokehold is, ek kon net nie meer nie. En dit was na 12 die aand so dit tel as ‘n WEN!!!

Hoe sal jy jou Oppikoppi experience in een snit van ‘n song beskryf?

Daar’s nog baie bier om te drink, en kak om te praat voor ons die wêreld begin reg maak!

Dankie Poena! Jy is ‘n yster!

Oor en uit!!
Pampoena