Zaberfluten is Van Pletzen se vyfde musiekvideo vanaf hul album, Kak Lekke Vibe, wat vroeër vanjaar met groot opgewondenheid vrygestel is.

In die musiekvideo en kortfilm sien ons vir Van Pletzen ‘n lekker vissie braai saam met Schalk Bezuidenhout. Maar dis nie lank nie voor dinge skeef loop nie. Frank Opperman maak ook ‘n verskyning in moontlik sy snaakste en mees intimiderende rol nog!

Peach het die idee vir Zaberfluten in ‘n droom gekry en dit dadelik neergeskryf. “Ek het wakker geskrik en besef hoe belangrik dit is dat mense die film moet sien, en dat ons dit moet maak!” Hy het dadelik vir PJ Kotze van Bonanza Films gebel wat ook die videos vir “Eiland Styl” en “Goud” gemaak het. PJ was dadelik in!

Nou wat is Zaberfluten en wat beteken dit? Draai na die musiekvideo en kortfilm vir antwoorde, maar dinge loop min-of-meer so:

Van Pletzen nooi vir komediant, Schalk Bezuidenhout vir visbraai…

Jy kan die hele musiekvideo hier kyk! Wel, hier gaan ons nou met die onderhoud met Peach…

Hallo, Peach! Julle het ‘n besige jaar sover gehad met julle nuwe album “Kak Lekke Vibe”, ‘n paar nuwe musiekvideos en julle missie om lekker vibes te versprei. Wat was julle gunsteling deel van die hele lekker vibes missie?

Yes! Ons het ‘n album gemaak en al 5 music videos gedrop, ‘n kort-film ook. Dit alles in onder 11 maande, so things have been busy at camp Lekkeness and we are kak stoked. Ons het ook ‘n klomp cool shows lined up!

Hoe was dit om Zaberfluten se musiek video saam met Frank Opperman en Schalk Bezuidenhout te doen?

Een van die lekkerste en most Irie experiences of our lives! We reached for the stars and we landed on the sky! Altwee daai dudes is legends en die feit dat hul keen was is obviously a dream come true!

Kan ons meer musiek videos en kort films soos Zaberfluten verwag van julle?

No look hey, ons is mos vol dinge, ek scheme ons gaan nog baie sulke irie kuns maak. Ons geniet dit too much!

Waar kom die woorde “Legeh” en “Irie” vandaan?

Lekker, lekkerder, lekkerste, Legeh! It is the most lekke state of lekkeness, being lekke to the max is LEGEH!
Die woord “Irie” has been around since the dawn of time.

Watter show wat julle gespeel het, het vir julle die lekkerste vibe gehad?

Sho! Oppikoppi was kak leguh! Mieliepop was vibing, Lush was tropical… moeilik om te kies, maar Oppi!

Julle was ‘n lekker vibe by Oppikoppi laas jaar en julle speel weer daar die jaar. Gaan dit dieselfde vibe wees of gaan julle net groter nog lekkerder wees?

We are gonna go groot this year! Ons is amped en beplan al klaar aan die lekkeness! Oppi is is in HOOFLETTERS, bold en underlined op ons Calendar.

Early B is sover julle enigste collaborator op julle album “Kak Lekke Vibe” en mense is mal oor hom! Gaan hy nog shows en songs saam met julle doen in die toekoms?

Oh yes! Ons try hom by soveel shows as moontlik intrek. Hy is ‘n insanely talented dude en hy drop ook die jaar sy album!

Is daar enige ander akteurs, komediante of musikante saam met wie julle sal wil werk?

Oh yes! The lekke ones know who they are, gee ons ‘n bel dan maak ons iets groot!

Dankie, Peach! Lekker!