Hi Hello. Welkom. Sit gemaklik, laat oom Kyle vir jou ‘n paar smaaklike brokkies informasie gee wat jou verbeelding kan laat dwaal. ‘n Ekspedisie van inspirasie en kultuur as jy wil.

Maar eers moes ons deur Voortrekker hoogte detour omdat daar een of ander vreemde fun run was. Gelukkig gaan ek gewoonlik vroeg en het dit steeds betyds by my gunsteling Fort gemaak. Weet nie so mooi wat daar aangegaan het nie. Maar props vir die mense wat almal gewaarsku het. Ek moes myself aftrek en die Metro vra waar hulle nie afgebaken het nie.

Pssst Ed. Dankie vir die kaartjies, Die Masjiene sien dit as ‘n eer om te rapporteer wat by Park Acoustics gebeur. Dis ‘n plesier om te staan met ‘n bier en bietjie fees te vier.

Ek kan nie glo nie maar vir die eerste keer in my lewe het ek onder die boom gaan plak by Park, ek gaan al vir ‘n paar jaar. Gewoonlik plak ek net my tas neer by iemand wie ek ken en wandel. Ek geniet maats maak en vreemdelinge raak te loop wat al te bekend is. Hierdie geval moes ek maats onthaal wat vir die eerste keer die bevange, jolige en al te prettige Park Acoustics kom beleef. Dit is een van my gunsteling goed om te doen. Ek kuier nie baie in die maand nie… But when I do… Klop ek ‘n toon berg op by die Monument.

Die keer het ek besluit om myself nie heeltemal snotters te maak met vreemde coconuts of bottels klippies nie. I just eased the day. In hom gegly soos ‘n bad met low water. Ek geniet dit om omring te wees met melodie en ritme. Die line-up was perfek gewees. Ek het ons land se kitaar kenner van formaat, ‘n kenner van die snare, die liefhebber van die klank byl Dan Fokken Patlansky! Mnr. Kat en die Jakkals wat my herinner het wat gypsy-seerower-blues in my lewe beteken! Ek moet nog vir ‘n klas gaan om te leer hoe om ‘n saag te speel.

Maats ek sê jou, Hellcats en Mean Black Mamba het ook gespeel. Ek is mos ‘n bra wat stout is vir sy blues. My kwaggelmander Derek wat van die Verenigde State van Amerika af gekom het moes ek vriendelik verplig om draai te maak. Die man se ken het permanent op die grond gesleep. Ek kon hoor hoe sy brein smelt.

14633695_1622658714694884_5337062357357849333_o

Hy vertel dat hy Suid-Afrika se energie geniet. Ons is ‘n lewendige nasie. Dit is vir hom beeldskoon hoe ons by ‘n Monument ons kultuur kan beoefen as ‘n nasie i.p.v. aparte kultuur groepe. Dit is vir my toe oogopvallend. Musiek is tog ‘n internasionale taal. Die krag van dit is eindeloos. Emosie word opgewek. Mense word saam gebring. Mense word verdeel deur dit ook.

Sê wat jy wil oor Pretoria. Soos wat ek by die comedy stage gesit het staar die pers van die Jakaranda blare terug. Die glimlag op my gesig het nie kans gesien om te verdwyn nie. Die stad is Fokken mooi!

Ons musiek is so uniek en die talent van hierdie musikante maak my trots. Jy kan sien die mense speel met passie. Daar word nie rond gespring want hulle voel dis net ‘n show nie. Musiek pomp deur hulle harte, dit is basies lewe. Deur al hierdie. Kyk na die mense. Almal is gelukkig met waar hulle is en met wie. Hoe kan iemand nee sê vir hierdie geleentheid vir die perfekte manier om jou week af te sluit?

Niemand kan nie! Indien so, jy is ‘n rampokker wat nie weet hoe om te mens nie.

Koester jou maats. Hulle is daar wanneer jou familie nie daar kan wees nie. Bring jou familie vir ‘n kuiertjie onder die boom. Moenie skaam wees nie. Ek sien uit om meer gesiggies te sien met geluk by die volgende een. Oom Koos kom kuier en ek is seker hy gaan my soos altyd lus maak om ‘n huisie by die see te kry.

Hoop julle dames bring iets om die vloer af te droog want Albert frost gaan seker maak dat elke liewe mens gaan rond spring. Ek sê vir julle almal totsiens. Tot volgende keer.

Wees gelukkig en wees geïnspireer.

Groete Kyle van Die Masjiene

hell-cats-01