As jy onder ‘n klip gelewe het die afgelope paar maande in die skaatsplank-wêreld, sou jy nie geweet het dat die MAJER crew ‘n video release het nie… maar indien jy daarvan weet en net so moerse amped is soos ons oor dit, het ons vandag vir jou ‘n lekker suprise.

Die MAJER manne het Rick Molina, Albert Ramirez en Matt Hobson se Street Parts vrygestel op die interkommunikasie-portal, genaamd, YouTube.

Dis ‘n fokken wenner en ‘n half. As jy al te oud is om ‘n kickflip te doen of net te kaksleg is soos ons, sal hierdie jou amp. So, druk die driehoek op die video, maak die deur toe van jou kantoor en laat die #jol begin.

Geniet hom!

Indien jy meer wil weet oor die crew, klap die link na een van ons ander stories oor MAJER.