Dis Vrydag mense! Kom ons klap hierdie dag met ‘n middelvinger en fok ‘n bietjie uit in die kantoor. Vandag wil ons graag vir julle aan Lycanthrope voorstel, die kalante is van PREToria en hulle #jol kief tunes. Hulle nuwe single is “Waking up Sober,” wat ‘n lekker ding is as jy oor die muur is, maar moer kak is jy nog nie eers ‘n been oor die muur het nie.

Die kiekie en lied laat my vir een of ander rede aan +44 dink. Ja, die orkes met Mark van die Blink-182 faam, hy en sy tjommies het so paar jaar terug +44 begin na Tom sy albasters verloor het. Dit klink byna dieselfde, en ons like dit. Genoeg van +44, ons praat immers nou van Lycanthrope.

Dis ‘n toonkrul-lekker lied en hy gaan so paar uur in jou kop vas sit. No worries bra, gooi hom op pad huis toe in die verkeer, speel hom op pad na jou gunsteling watergat toe. Speel hom net! Hard!

Kyk hierso:

Die orkes word as volg saamgestel:

Raymond Horn – Guitar/Sing
Deon Roos – Guitar/Sing
Mostert – Bass/Sing
Zan Kruger – Moer dromme