Liefde by die Dam, ’n ou tune deur Valiant Swart. Nou voor ek vir julle almal sê hoe awesome die show was, moet ek net die volgende disclaimer gee: Dit is kak moeilik om ’n great dag vol awesome musiek te beskryf aan iemand wie nie daar was nie, maar kom ek try…

Dis ’n Sondag in Randburg by Emmarentia Dam. Ons mag op Roosevelt High School se rugbyvelde park. As ek nie met ’n Atos gery het nie, het ek die gras uitgespin.

Ons kom daar aan, die son skyn helder, en die musiek loop. Majozi is besig om die crowd te entertain met sy pienk hare. Hy was die opening act vir die dag. As jy Jakaranda luister, sal jy die bra se musiek ken. Dit loop soos stroop.

Ons stap bar toe, kry ’n lekker dubbel vodka en Red Bull, en Jo black is besig om sy kitaar te tune met die res van sy orkes. As jy nie weet wie Jo Black is nie, dink aan hoe Huisgennot hom beskryf. Die afrikaanse hipster… net so! Hy het ’n majestic baard, hy het kief tattoos en hy was in Oos Moot op skool gewees. Sy tunes speel ook op die Jakaranda airwaves elke dag. Hy het ’n hele paar van sy treffers gespeel, insluitend ‘Hoop’. Ek is amper seker ’n paar van die girls het geHOOP op hom huistoe te kon vat. Sorry girls, hy is gevat.

Na Jo die girls laat gil het en ’n paar manne laat sweet het omdat hy die girls laat gil het (jaloesie is ’n lelike ding), was ons so bietjie entertain met JR. JR is basies Suid Afrika se eie Kanye West. Enigste verskil is, hy is nie ’n pyn in die gat nie. Make the circle bigger, pappie. Behalwe vir make the circle bigger, het JR ook ’n hele paar tunes wat jou laat saam sing.

Ek sal dit nie hardop admit aan my tjommies nie, maar Riana Nel is regtig legit. Dis nie jou tipiese “Strooi jou suiker op my” (sorry, Dirk) afrikaanse treffers nie. Sy het actually ’n paar songs wat die moeite werd is om na te luister, en ek gaan heel waarskynlik ’n paar van haar tracks op iTunes vir myself aanskaf. Die girl is ook vêêêêêêêr swanger (13 maande volgens Rian van Heerden wie een van die MC’s was), maar dit het haar nie gekeer om ’n moer lekker show op te sit vir die crowd van so ongeveer 10,000 mense nie. Sy het selfs Alanis Morisette se ‘Ironic’ gecover, en dit was LEKKER!!!

Na Riana die stage verlaat het, kry ons die nuus: Ons mag ongelukkig nie fotos neem van die volgende kunstenaar nie. Tannie Laurika Rauch. Nou as jy nie weet wie Laurika Rauch is nie, gaan krap ’n paar van jou pa se vinyls en tapes uit en begin luister. Laurika is ’n legende in die afrikaanse musiek bedryf en sy het dit bewys met haar set. Saam haar was Loki Rothman (lees kitaar masjien) en die twee het ons bederf met al wat ’n Laurika treffer is, insluitend ‘Kinders van die wind’, ‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ en ‘Blou’. Die crowd chant vir ’n encore en tannie Laurika is terug op stage en sy en Loki doen ‘Lisa se klavier’ en die gehoor is PLEASED AF!

Tresor (die man het al die pad vanaf die demokratiese republiek van Congo GESTAP Suid Afrika toe om ’n lewe hier te kom maak) het die gehoor lekker warm gekry vir die volgende act, wie soos altyd, by die gig was om die show te kom steel. Ek praat van die een en enigste, Francois van Coke.

As jy van tevore al by ’n Francois gig was, sal jy weet, as jy nie van vroeg af jou plekkie voor die barricade secure nie, gaan jy hom van agter af moet kyk. Sorry tjom; first come, first serve. Francois kan ’n boring Sondagmiddag sommer vinnig-vinnig in ’n party laat ontaard. Hy speel al sy hits, insluitend ‘Dit Raak Beter’, ‘Waar Daar ’n Wil Is’, en ook natuurlik, ‘Toe Vind Ek Jou’. Mense serenade die shit uitmekaar uit met die song. Francois nooi toe ook vir Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) om saam hom “Skyn Heilig” te doen. Ons is ook bederf met ‘Tot Die Son Uitkom‘. En net toe ons dink dit kon nie beter raak nie, hier ruk Francois en Die Gevaar ’n ou Beastie Boys treffer uit, ‘Fight For Your Right’. En daar was geparty! Net so by the way, die mense wie hulle skoene na Francois en sy band gegooi het, ek hoop dit was die moeite werd om julle Converse en Nikes weg te moer.

Om die befokte dag af te sluit, vat Die Heuwels Fantasties die stage terwyl die sonnetjie besig is om te sak oor Ememrentia Dam en ek moet bieg, dit was sekerlik die beste keuse vir ’n headline slot wat die organisers kon maak. Pierre, Fred, Hunter en Sheldon het seker gemaak almal is behoorlik ge-entertain en hulle het al hulle tracks gejam wat hulle beroemd gemaak het (asof hulle nie voor DHF beroemd was nie) en ook al hulle nuwe hits. Soos mens verwag met DHF, het almal saamgesing. Selfs die security by die event.

Jis, wat anders kan ek sê? All in all, was Liefde By Die Dam moerse well organised, die artists was bedonnerd, die bar was regtig nie duur nie en het darem die heeldag dop gehad en die tacos by daai firetruck ding was moerse lekker!

As jy dit hierdie jaar gemis het, moenie worry nie. Ek scheme Liefde By Die Dam sal volgende jaar weer terug wees as ek moet check hoe lekker suksesvol die een was. En as jy nou FOMO het, ons het lankal by Why Ed vir julle gese om kaartjies te koop, maar neeeeeeee, ons luister mos nie!