Park Acoustics in partnership with Pringles proudly presents Karen Zoid and friends!!

It’s a great privilege to welcome back one of SA’s biggest live acts, Karen Zoid!! With support from the legendary Koos Kombuis, Diamond Thug, Dawie de Jager, Foxtrot and Michael Lesar.

Park Acoustics program:

Pringles Main Stage

11:00 Foxtrot
12:05 Dawie de Jager
13:10 Diamond Thug
14:15 Koos Kombuis
15:30 Karen Zoid
16:45 Michael Lesar

Sunset Comedy Stage

Schalk Bezuidenhout
Kedibone Mulaudzi
Alfred Adriaan

Price:

SOLD OUT! Ja, jy weet dit!

With that said, I had a chat with the legend himself, Koos Kombuis.

Photo by Fred van Leeuwen

Hi there. Thanks for taking the time to have a quick chat. You are starting our 2018 Park Acoustics year off with Karen Zoid. Do you have any big plans for the rest of the year?

Ek het nie planne vir ‘n nuwe album nie hoewel ek werk aan nuwe liedjies. Ek konsentreer vanjaar egter meer op skryfwerk. Daar verskyn vroeg vanjaar ‘n digbundel van my, “Vandag Wil Ek My Blou Skoene Dra”, by Naledi, en later vanjaar volg ‘n jeugroman by Penguin!

Our South African music industry is ever growing. What do you think about all the new and upcoming local bands? Do you listen to some of their music?

In 2017 het verskeie gevestigde SA musikante nuwe albums uitgebring. My gunsteling nuwe albums was beslis die van David Kramer, Andra en Karen Zoid! Maar daar is ook nuwe name om dop te hou. Ek is opgewonde oor die werk van Lucy Kruger. En o ja, ons probeer nou nog uitvind wat geword het van die kinderster wat ‘n paar jaar gelede hierdie wonder-weergawe van ‘Lisa se Klavier’ op Youtube gesit het!

Where is your favorite place to perform in South Africa?

Daar is soveel wonderlike plekke om op te tree in Suid-Afrika, dit is onmoontlik om net een uit te sonder! Die ambience en die entoesiasme van die skares by Park Acoustics is natuurlik altyd ‘n wenner. En ek sal nooit my jare by Oppikoppi vergeet nie!

You recently inspired a new clothing line called Kombuis Kat. How did that start?

Toe ek die eerste keer ‘n hemp sien wat deur Kim Griessel ontwerp is, het ek berge versit om haar te kontak. Toe ek haar uiteindelik vind, het een ding na ‘n ander gely, en nou het ons saam die “Kombuis kat” reeks begin wat sover bestaan uit hamde en bandana’s. Sy sê die klere is vir “the free-spirited and non-conformists”. Ek is mal oor die Gypsey-styl. Soek “Kombuis kat” op Facebook en bestel iets!

What personal achievements do you hope to achieve this year?

Ek wil vanjaar minder wroeg oor myself en oor die lewe en so ver as moontlik vir die oomblik leef en elke dag vat soos dit kom. Ek wil ook graag meer tyd spandeer met my hond, Piet!

You and Valiant Swart played at the very first Oppikoppi back in 1994. How do you feel about all the changes that Oppikoppi went through the last few years?

My laaste show by Oppikoppi was in 2013, en dit was die lekkerste. Daar het ‘n stadium in my lewe gekom dat ek besef het my kniee is nie meer sterk genoeg om op kroegtoonbanke te dans met ‘n Tequila Sunrise in die hand nie! Maar dit was goeie tye gewees, en ek het baie goeie vriende gemaak daar deur die jare!

Thanks for your time! We’ll see you at Park Acoustics!