Dagsê maats. Welkom by nog ‘n artikel oor Park Acoustics wat miskien oor Park Acoustics sal gaan. Super mega jammer dat ek so lank gevat om hierdie te skryf. Lewe het gebeur.

Ek het vroeg in die week seker gemaak my span was in vir die regte ding. Dit is van kardinale belang dat die groep mense waarmee jy wil gaan vroeg ingelig word, anders sit jy soos ‘n poephol alleen by ‘n fort in Pretoria, en lyk soos die laaste kaaskrul in die pakkie wat niemand wil eet nie.

Arcade Empire se Halloween partytjie het nog deur my bloed stroom gevloei, so ek was opgewonde vir ‘n ontsagwekkende dag. Van doom and gloom reguit na sonic boom. Right off the bat breek ek sommer my bril want ek kan mos nie vir te lank stil sit nie. Sodra mens jou sit gekry het en jou eerste bier in die hand het kan mens amptelik sê jy is reg om jou Park aan te kry.

Jonathan Peyper was eerste op om ons almal te herinner hoe belangrik Blues in ons lewens is. Jy kan hoor die man en sy orkes is vreeslik lief vir hierdie genre. Elke ritme en melodie wat jy hoor kom reguit van die siel af, ek is vasberade. ‘n Bass line wat jou kop laat wieg en riffs wat jou gesig nie laat ophou glimlag nie… Hoe kan enigiets verkeerd loop?

Nou Blomtrein was volgende op die verhoog met hulle debuut optrede. Die orkes is ‘n 2-man stuk wat bestaan uit Jan Blohm en Neil Nachtrein. Daar is ‘n paar ou bekende treffers wat so deur die houtwerk geklim het wat die gehoor aan die gang gehou het. Hul oorspronklike treffers is vir my uniek in die sin van, jy kan hoor daar is baie Jan-invloed met ‘n klein bietjie braai spice by. Hulle het ‘n studio album uit, so ek stel voor dat jy daai Justin Bieber CD wegneek en hierdie outjie in jou kar pomp. Dit help met enige bui. Sal by oom Jan moet hoor waar jy een van daardie pryslose laserskywe kan op tel.

Het my kans gesien om gou ‘n draai te gaan loop om bietjie kossie te gaan op tel en ‘n vars dop in die hand te kry.

Die Masjiene by Park Acoustics

Die Masjiene by Park Acoustics

Greg Georgiades is my persoonlike Ukelele hero. Hy het saam met The Ultra natives op getree en laat ek jou nou vertel dit was nou ‘n lekkerny. Ek het Greg vir die eerste keer by Strab beleef saam met Full Swing, kon nie my oë van hom af haal nie. Die man is besig met daai Hawaiian stuk hout! Hy en The Ultra Natives komplimenteer mekaar se musiek perfek.

Ek het skaars asem geskep en daar staan Albert Frost. Die man, die legende! Die laaitie van die Voëlvry Generasie wat net weet hoe om te tokkel! Sodra jy dink jy het dit al gehoor, BOOM! Kap hy jou flou met ‘n uppercut in die oordrom. Weereens het ek gedink ek moes totsiens sê maar daar staan Albert nog op verhoog en Oom Koos kom klap ‘n draai. Hy was in ‘n goeie bui en dit het ‘n skoenlapper effek op die res van Park gehad.

Daar was een massiewe aura van geluk wat soos ‘n flare gestraal het. Genoeg om ‘n vreemde mens ‘n drukkie te gee.

Soos wat almal onder die boom sit en baljaar, bietjie bene rus van in Koos se Kombuis-dans het die man wat altyd jou laaste dag by Oppikoppi een gemaak het vir die boeke, DJ Bob kom hello sê. ‘n Bra wat sy shit ken as dit kom by die musiek wêreld. Fok Mp3’s, tapes en CD’s. Die vinyls kry nie kans om stof op te gaar met hierdie ou nie. Hy bring goue oues uit wat jy lief het en nooit van gehoor het nie.

Ek het agter gebly tot ons letterlik die laaste mense was – op die gras met ys gespeel soos ‘n klomp kinders! And you know what? Ek voel ‘n Fok want ek het ‘n kak lekker dag gehad!

Net ‘n paar weke dan is dit die laaste een van die jaar! Sien jou daar of wees ‘n droë blaar.

Die enigste ding wat jou keer om gelukkig te wees is jy! Kom wees gelukkig saam met ons. Ek belowe die line-up sal nie seer maak nie. Indien dit doen is dit ‘n goeie seer. Soos sex scars seer.

Check julle later, wees gelukkig wees geïnspireer.