Die tyd het aangebreek mense, die tyd om ‘n lekker vakansie te reël! Baie van ons het ‘n bonus gekry by Shoprite en Fanie’s Autobodies, maar daar is van ons wat absoluut fokkol gekry het, al het jy heel jaar deur geslaaf en jou baas op sy gat gesit het. En nou gaan die fokker weg na Margate, terwyl jy met krummels en Dragon energy drinks moet vakansie hou. Don’t fret! Ons is hier om vir jou te vertel wat jy kan doen in die Norfff die vakansie. En ons begin by die belangrikste:

Drink Plekke

Jy nie verder kyk as die drink plekke in die sogenaamde Noord wat jou besig kan hou nie. Jy het die solitary O’Hagans as jy lus is vir tribal tattoo spiertiere met baie testosteroon wat niks ander as ‘n wifey besit nie, vir ‘n constructive conversation oor gym roetines of die nuwe exhaust in Speed & Sound, of jy kan dieper in die Noord inbeweeg (not for the faint hearted) en die ander plekke bekyk.

Daar is ‘n Watergat, Red Doors, Marula Hotel wat jou kan besig hou en sommer ook leer van langarm op Kurt en Die Campbells, en as jy rerig wil en lus is vir bietjie vuiste swaai met Steve Hofmeyer-lookalike-marrafuckers kan jy Cavemans of Strydfontein probeer. Hulle is altyd happy om te hoor dat die Bulle kak is. Geniet hom ou perd.

‘n Ander plekkie wat jou naby aan die see (of altans, die taste van see gee in hulle swembad) kan bring is Blou Bul Ranch – daar is ‘n stipper pole in die swembad vir mense wat net ‘n bietjie wil swem en “kuier” – wat kan sorg vir lekker familie vermaak. Daar sal ook ‘n paar bikini babes wees, maar nie soos die in Maxim of FHM nie, dink meer etv Bikini Babes. JA, daardie gooses!

Jy kan ook by jou eie huisie ‘n vakansie hou – POOL Party vibes! Dit gebeur gereeld in die Norfff, pool parties wat gehou word sonder enige water in die area. As jy ‘n pool party gooi, dan moet daar ‘n body of water iewers wees! Fokkit, tap die visdam uit! Belowe jou ons sal nie omgee om tussen die Hartebeespoort babers te chill in jou voortuin vis pond nie. At least is ons in die water, slaggate kan ook gebruik word want die goed vat mos die pad oor. En om dit lekkerder te maak, kan jy ook cocktails (brannewyn en coke met ‘n sambreel) bedien.

Ons dink ons het die fundamental plekke gecover en wat jy kan doen met kuier-plekke. Volgende keer praat ons oor die “sites” wat jy kan besoek.

As ons iets vergeet het, of van ‘n plek wat jou “vakansie-destination” is – Drop ‘n comment hieronder.