Park Acoustics in association with Southern Comfort presents Aking, Klopjag and friends.

As the year is slowly drawing to an end, we get ready for the second last Park Acoustics of the year with Aking, Klopjag, Georgetown, Bacchus Nel, Deon Bakkes and the Stolen Horses and Dj Legend.

Comedy will have you laughing with Martin Davis(UK), Kraai Du Toit, Mojak Lehoko.

Here is the lekker line-up for the day!

10:00 Gates open
11:00 Deon Bakkes and the Stolen Horse
12:05 Bacchus Nel
13:10 Georgetown
14:15 Klopjag
15:30 Aking
16:30 DJ Legend

Sunset Comedy Stage 16:45 – 18:00

Martin Davis(UK)
Kraai Du Toit
Mojak Lehoko.

With that said, I had a chat with Sallas from Klopjag.

Hi daar. Julle het julle eerste album in 2002 vrygestel. Die Suid-Afrikaanse musiek bedryf het aansienlik verander in tussen. Vind julle dit moeilik om musiek wat 15 jaar terug en vir ‘n heel ander generasie geskryf is op te tree?

Snaaks genoeg nie. Meeste van ons musiek is nie regtig aan ’n tydperk gekoppel nie en toe ons begin het, het ons nie regtig probeer skryf vir ’n spesifieke gehoor in terme van ouderdom ensovoorts nie. Dit het bygedra dat meeste van die songs steeds relevant gebly het. Vir ons is dit ’n voorreg om amper “weer” van voor af te begin en ou songs vir ’n nuwe gehoor te speel. Nou dat ons ouer is beteken elke optrede soveel meer. Mens besef nou dat jy ouer is, daar bestaan nie meer iets soos net nog ’n gig nie. Elke oomblik wat mens in ’n band saam kan musiek maak is iets wat geld nie kan koop nie. Ons het nooit in die begin gedink ons sou voltyds in ’n band wees nie. Dit het baie vinnig gesneeubal van ’n musiek speel vir ons vriende tot ’n regte band wat toer en albums opneem…

Wat is die grootste veranderinge wat julle as ‘n band opgemerk het in die huidige stand van die musiekbedryf in vergelyking met julle studentedae?

Ek dink die grootste verandering is die feit dat daar nie social media was toe ons begin het nie. Dit was voor My Space, Facebook, Twitter ens. Die enigste manier hoe mense van jou sou weet was deur te gig. Die gehoor was ook anders vir dieselfde rede want mense moes uitgaan na venues as hulle nuwe musiek wou hoor. Dit was nie so maklik en vrylik beskikbaar soos nou nie. Op ’n manier het dit bygedra tot ’n baie romantiese afstand tussen die gehoor en die kunstenaar en dit het die live shows ’n bietjie meer magic gegee. As gevolg van social media het die afstand tussen die kunstenaar/band bietjie gekrimp, wat nie noodwendig ’n slegte ding is nie, maar ’n bietjie van die magic het verlore gegaan. Die sadste verskil is hoe min venues daar oor is om te speel deesdae. Dis uit die aard van die saak as gevolg van die ekonomiese druk vir die laaste paar jaar. Maar die venues wat wel bestaan is meestal net gesnik vir two piece bands…

Ek was vir lank onder die indruk dat Klopjag nie meer aktief was nie, tot julle optrede by Lentedag in 2015. En na verdere ondersoek het ek gesien dat, alhoewel julle nog gegig het, dit baie wisselvallig was en nie regtig gereeld nie. Het julle ‘n breuk gevat of was die lede maar net besig met hulle eie dinge en daar was nie regtig tyd vir gereelde shows nie?

Soos vroëer genoem het ons nooit beplan om vir 10 jaar voltyds in ’n band te speel nie en teen einde 2011 het ons besluit om ons eie lewens buite die band net weer op koers te kry. 5 van ons is intussen getroud. Drie van ons het ouers geword. Ons het elkeen ons loopbane, waarvoor ons geswot het begin en om daardie rede het dit moeiliker geword om gereeld op te tree. Nie omdat ons nie wil nie maar omdat dit net logistiek-gewys moeilik is om al ses op een datum op een plek te kry. Ons het besluit om minder te gig in 2017, maar hoop om stadig maar seker weer meer gereeld te speel van volgende jaar af. Ons kry nogal baie navrae en dis sleg om nie altyd te kan ja se nie.

Dawie was ‘n lid van die voormalige Tuindwergies. Is enige van die ander lede by betrokke by ander projekte, hetsy musikaal of andersins?

Dawie, Bam en Marie-Louise speel gereeld vir ander kunstenaars. Dawie het ook onlangs sy eie solo loopbaan begin. Sallas (Films) en John-Henry (TV en Web) is ook deurentyd besig met verskeie projekte. Werner is doen steeds baie design werk vir musikante en feeste.

Julle het laasjaar saam met Melktert Kommissie by die Voortrekker Monument gespeel, wat nogal ‘n nostalgiese affêre was vir mense wat in die 2000’s studente was. Hoe het die idee vir die optrede navore gekom?

Soos alle goeie idees – by ’n bring en braai! Ons het tussen 2004 en 2007 baie saam gespeel en gebraai en gekuier. Toe meeste van Melkterte Kaap toe getrek het, het ons mekaar maar min gesien en besluit dis tyd. Dit was lekker om mense weer te sien saam sing op die songs van altwee bands.

Ek neem aan die bogenoemde vertoning moes afgaan as een van die band se merkwaardigste vertonings. Is daar enige ander optredes wat julle so sal klassifiseer?

Dit was ’n baie lekker show. Dis baie moeilik om te kies. Klopjag het al vêr meer as ’n 1000 gigs saam gedoen. Ek dink shows wat uitstaan as ek nou vinnig moet dink is byvoorbeeld Blue Moon 2005/2006. Aande by Maloney’s in Hatfield. Ouditorium shows soos Aula, Sand du Plessis, PUK ouditorium en ook die kleiner shows soos Dorpstraat Teater, Steak & Ale, Cafe Barcelona. Dink die Aardklop show in 2007 in die reën was ook een wat ons nie gou sal vergeet nie en STRAB 2015… daar’s te veel, ons was lucky!

Julle laaste studio album, Musiek Vir Die Agtergrond, is in 2008 vrygestel. Is daar enige planne vir enige nuwe musiek van julle kant af?

Yes, ons het planne en songs, ons moet nou net actually vir langer as ’n naweek bymekaar kom, die songs leer en dit opneem. Hoop dit gebeur binnekort. In alle eerlikheid om live te speel is op die oomblik vir ons baie lekker en ons prioriteit. Ons hoop ons kan dit nog vir baie jare saam doen!

Dankie vir die klets. Maak seker jy kry jou kaartjies vandag vir Klopjag en nog vele meer by Park Acoustics!