Park Acoustics in partnership with Pringles proudly presents their fokken lekker 9th Birthday Party with Francois van Coke, Jack Parow and friends!!

What started as a small monthly music concert with only 150 people, became one of the biggest industry names and longest running monthly year long Sunday concert series in the country. By 2013 most Park Acoustics would sell out with 2000 people attending each month. Over the years they have had the best of the best on stage and 27 May is no exception with Francois van Coke, Jack Parow, Gerald Clark & Michael Canfield, Deon Bakkes & the Stolen Horses, Hezron Chetty & Zugzwang and MoeJoe on the decks. Donnnnerdag! Dis kief verby, ek huil sommer.

They also have a massive comedy line up with the legendary John Vlismas, Hannes Brummer and Mojak Lehoko. And if you’re lucky, you can sommer catch Thanos in action… ja!

Met al daardie informasie nou tot jou beskikking, hou jou hoed vas! Ons het met die einste Jack Parow gepraat voor Park Acoustics!

Foto: Andre Badenhorst

Hi! Dankie dat jy saam ons kan klets. Park Acoustics word nege die maand, en jy het al by ‘n paar opgetree, wat was vir jou die beste Park Acoustics optrede?

Jis, elke een was regtig cool in sy eie way maar ek dink die een wat vir my uitstaan was die keer toe ek die groot venue gespeel het, was regtig net INSANE en so baie gees.

Wat kan mense van Jack Parow verwag by Park Acoustics op 27 Mei?

Baie energy, baie gees, baie vloek, baie drank en ‘n paar nuwe nommers vir die ore.

Yes! Afrika 4 Beginners het so paar maande terug uitgekom, kan ons enige songs van die album verwag by Park Acoustics?

Yip, definitief… maa julle sal maar moet wag om te hoor watter enes. 😉

Hoe hype jy jouself op voor elke show? Is dit elke keer dieselfde, of verander dit van optrede tot optrede?

Ag, dit verander seker van optrede tot optrede, want party shows is maybe easier as ander, soos byvoorbeeld ‘n FNB corporate is heeltemal fokken anders as Park Accoustics. Maar niks wat ‘n paar Jagers en Parow brandies nie kan uitsort nie, so ek dink die antwoord op jou vraag is drank.

Altyd bra! Altyd. Franna jol weer saam jou ‘n show, hoe lekker is dit om saam met hom die stage te deel? Bespreek julle goed voor die tyd of gebeur dit net op die verhoog?

Ons werk heavy like dans moves en choreography uit voor die tyd…jokes. Ons maak maar net moeilikheid soos dit aangaan. Dis altyd lekker om saam met hom te jol en tracks saam te doen. Die energy en die vibe is altyd net so befok.

Na Park Acoustics, waar en wanneer kan ons jou weer in aksie sien?

9 Junie – Aafriksi, Lesotho

22 Junie – Rafters

23 Junie – Rumours, Jozi

Maak seker jy kry jou tickets vandag. Check julle daar!