Meneer Parow het so paar minute gelede sy nuwe musiek kiekie vir ‘Veilig’ vrygestel saam met Janie Bay, wat aan die hart snare tokkel. Die musiek kiekie is gedoen deur Freak Scene en die liedjie kom van sy nuutste album – Nag van die Lang Pette – af wat gekoop kan word hier. Dis ‘n dubbel album, hard en sag!

Die musiek kiekie/liedjie is baie rustig en ek wil sommer my skoene uittrek en op see sand (sandput sand sal ook werk) hardloop na dat ek dit gehoor het. Chill vibes.

Die musiek kiekie self is fokken great gedoen en bewys weereens dat ons talent daar bo is by al die sogenaamde internasionale acts.

Kyk na die musiek kiekie; ons dink dit is befok verby!