Die baas van Afrikaanse kletsrym, die einste Jack Parow, het vanoggend sy nuwe enkelsnit, Fok Fokkity Fok, se musiek kiekie van sy album, Nag van die Lang Pette, op die internet losgelaat. Manne en dames! Dis kak gevaarlik en lekker NSFW indien jy in ‘n kantoor sit met jou baas wat oor jou skouers loer. Ag fok dit, speel dit kliphard, Karen wat tans filing doen sal dit selfs geniet.

Die lied is met Dirt Nasty van L.A. gedoen en boonop is die Jagermeister bokkie ook in die video. Die animasie is goed gedoen en pas perfek in die video; ons belowe jy gaan ‘n ten minste ‘n goeie twee minute lag as jy dit kyk. Belowe.

Kyk na die video, en sê wat jy dink?