Jack Parow het kliphard gegooi tydens sy Europese toer en duisende nuwe aanghangers gekry met sy optredes by die Zwarte Cross en Solar feeste in Holland en die Afro C fees in België. Zwarte Cross was die Nederlandse fees met die grootste bywoning, met omtrent 197 000 mense wat deur hulle hekke gegaan het gedurende die feesperiode, m.a.w. kak baie mense!

“Dit was mind-blowing. Vir my as ‘n Suid-Afrikaanse musikant om in ‘n ander land crowds te pull na my verhoog toe van daai size was absoluut net crazy en humbling en net so baie verskillende feelings in een,” vertel Parow oor sy sukses in Europa.

Gedurende Lente sal hy plaaslike skares herhinder aan die krag van sy optredes. Parow vlieg sy ‘MURICA chommie, Dirt Nasty, af om saam met hom te kom moles maak op verhoë regoor die land tydens die Fok Fokkity Fok toer.

Maar wag ou perd, dis nie al nie… Jack Parow se memoir, Die ou met die snor by die bar, soos vertel aan Theunis Engelbrecht, sal te koop wees by sy vertonings. Moet ook nie van sy fancy Beperkte Uitgawe Debuut Platinum Plaat wat tesame met ander Parowphernalia lekkernye te koop sal wees, vergeet nie.

jack parow vinyl

Die Ou met die snor by die bar sal by die Fok Fokkity Fok vertonings te koop wees. Kom en kry jou boek geteken! Jy kan dit even oor so paar jaar verkoop op Pawn Stars!

Datum: 4 September 2015
Program: Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Optrede tyd: 22h00
Bokke: R80 p/p

Datum: 5 September 2015
Program: Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Rumours Lounge
Optrede tyd: 23h00
Bokke: R80 p/p
Meer oor Die ou met die snor by die bar

Die boek gaan oor al Jack se wilde, mal avonture; asook oor sy kinder- en jeugjare en vertel van hoe dit gebeur het dat hy ‘n rapper geword het. Die storie begin agter die boereworsgordyn in Bellville en maak ook draaie in Parow, Nederland, Londen, Los Angeles en Moskou. Die stories agter sy treffers word vertel, en die boek bevat ook heelwat van sy lirieke wat vir die eerste keer in druk verskyn omdat dit nie in sy CD-boekies is nie, asook foto’s wat nog nooit voorheen gestuur is nie.

jack parow dirt nasty

Maak seker jy kry jou gat en al jou fokken tjommies by die optredes! Groot marakas! Moer groot! Gooi tjoppa!