Die ou met die Snor by die Bar en “dis daardie bra van Scary Movie” het die naweek by Arcade Empire opgetree. Net met hierdie een sin weet jy sommer dat daar groot marakas was! Jack Parow, Suid-Afrika se kiefste rapper, en Dirt Nasty het Snor City die naweek getreat met een moerse vertoning. Selfs voor die show in Gautengeleng het ons geweet – vanaand dans ons dat ons kuite bars! Hulle het ons nie teleurgestel nie en my kuite pyn nogsteeds…

Arcade Empire is een van daardie befokte venues in Pretoors; baie plek om die keel nat te maak, baie plek om saam met vriende te bons, en baie plek om te staan spring as iemand op die verhoog is. Dit sou nie sin gemaak het om dit sommer by ‘n ander plek te hou nie – en die klank was befok! Ek weet goed hiervan, want my ore tuit nogsteeds van daardie luidspreker aan die linkerkant.

Dirt Nasty was eerste aan die beurt (ons het toe eers by die verhoog aangekom na ‘n paar beerpong balle in hulle moer in skeef gegooi was) en die ‘MURICA rapper was dadelik aan die brand. Fokken dik gangsta rap, “baby-dicks, black girls and his gold chain” was op die spyskaart vir die aand. Hy het ‘n bottel Tequila soos ‘n barmhartige samaritaan uitgedeel aan die Pretoria-bewonderaars; ek druk so ene my arm uit in die gehoor soos ‘n bedelaar om die bottel te vat vir ‘n slukkie of drie. WEG! Na so paar disconfuckulated een-oog-toe-kyke rondom my, tussen al die ligte wat flikker, bewaar ek my dame wat soos ‘n monster daardie goue manna sluk. Plus punte daar vir jou! Dirt Nasty het met sy kenmerkende styl en dans passies die gehoor mal gemaak. Hierdie kant van die verhoog, daardie kant van die verhoog – fokkit, all over the place! Maar daar moet altyd die een doos wees wat dit vir almal wou opfok. Geliewe meneer blou hemp. Jy was fucktup, stamp aan dames, klap mense en dink dis kak snaaks? Dit was net vir jou, champ. Nee wat, gaan geniet jouself op ‘n ander plek, u was die perfekte voorbeeld van ‘n persoon wat liewers in Pretoria Noord moet uithang.

henk steyn jack parow henk steyn

Terug by die vertoning: Dirt Nasty het ook die gehoor behoorlik aan die gang gekry om heeltyd “Jack Parow” te skree, fokkit! Die kinders van in die crowd het mal gegaan! Toe Dirt klaar maak met sy laaste tune “1980” was ons vuurdoop deurgestaan. Almal wou op daardie oomblik goue kettings koop by Crazy Store!

En toe kom die ou met die Snor – Jack Parow! Die koeël was toe deur die kerk! Hard partytjie hou was in ons pad, en ons kon nie stop, al wou ons. Hy het dadelik begin met sy treffers en selfs ’n paar tunes wat onbekend was vir die gehoor gejol vir ons; arms in die lug en biere wat uitstaan in die lug soos dobbertjies op die water by Hartebeespoort Dam op ‘n naweek . “Biscuits en Biltong” het dadelik moer baie aandag geniet, almal het ge-Sakkie-Sakkie asof dit uit die mode gaan. Selfs ’n paartjie gesien wat langarm tussen die mense deur… Afrikaans is nie dood nie! “Dans Dans Dans” was ook kliphard gespeel, en jitte mense! Het almal nou vir jou gedans! Soos oudergewoonte moes ek bietjie asem skep bier kry om net die opvoering van ’n ander hoek te beleef. Dit was iets om te aanskou met een oog wat nie meer wou werk nie. En net voor die laaste lied klaar was, klim die kinders op die verhoog! Hulle het saam gat geswaai, saam gerap, saam geparty met Jack. Donner! Was dit een fokken amazing sight om te beleef?!

jack parow dirt nasty fok fokkity fok henk steyn dirt nasty

Toe die show eindig het ons gou ’n selfie met Simon Rex gaan neem, en ’n paar biere in ons gesigte gekry. Almal was nog in ekstase oor wat ons gesien het, die ore was bietjie broos en die stem al lankal in sy moer in, maar dit was donners lekker!

Dankie Dirt, Parow en sy orkes, dit was een vir die zef-boeke en wat nog lank gaan onthou word.

Fok Fokkity Fok Ja!

Alle fotos deur Henk Steyn Photography, gaan check ook sommer sy blad uit vir meer fotos van die event.