Kyk, hierdie is een van daardie events… Hotbox Studios – The Last Hurrah

“Before Park Acoustics, before Arcade Empire, before Grietfest, and before Capital Craft, there was this house in Schoeman Street. Surrounded by businesses that, apart from a sign outside, didn’t look like anything special from a pedestrian’s perspective… What started out as a rehearsal and recording studio soon became known as the best party and live music venue in Pretoria. Maybe even South Africa. “ Gareth Davies, The FUSS 25 November 2014

Presies soos wat hy gesê het, dis ‘n huis… in die stad. Waar memories en moerse babelasie-hasies gemaak was. Ons kan letterlik nie wag vir hierdie #jol in Snorstad nie. Fok werk, fok die braai, en fok jou ouderdom. Hotbox is waar jy GAAN wees. Moenie ‘n gifappel wees en dit misloop nie. Hierdie is net te goed om te mis.

So, wanneer begin hierdie shindig? 11 November 2017… en dit begin hier by 16:00 en dit eindig whenever die manne in blou (nie die Blou Bulle nie) kom en dit stop. Klink soos die ou skool dae? Net met minder skelm rook en ‘n Checkers sak as ‘n kondoom probeer gebruik?

Kom ons skiet na die line-up toe! Dis ‘n fokken staatsgeheim… jy gaan maar dit moet bywoon om dit te beleef. Daar is 6 orkeste wat jou aand gaan maak, 3 manne op die decks en gaskunstenaars… Lekker geheimsinnig, maar dis lekker… soos drukkkssss.

500 Bokke kry jou in en dis ‘n open bar. Ja, ‘n fokken open bar. Jy kan slukkies heelaand klap of sommer once groot gaan… Soos Bakkies Botha groot. Dis massief! Daar is net 400 tickets beskikbaar, kry jou gat in rat en koop nou vir jou ene. Sien ons julle daar? Ofcourseyes!

Hierdie is ons gunsteling deel van die event hype: T’s & C’s: This is as it always was an illegal event. In the case of police showing up and shutting down the party early, there will be no refunds. May God bless us all.