Park Acoustics in partnership with Pringles proudly presents their lekker 9th Birthday Party with Francois van Coke, Jack Parow and friends!!

What started as a small monthly music concert with only 150 people, became one of the biggest industry names and longest running monthly year long Sunday concert series in the country. By 2013 most Park Acoustics would sell out with 2000 people attending each month. Over the years they have had the best of the best on stage and 27 May is no exception with Francois van Coke, Jack Parow, Gerald Clark & Michael Canfield, Deon Bakkes & the Stolen Horses, Hezron Chetty & Zugzwang and MoeJoe on the decks.

They also have a massive comedy line up with the legendary John Vlismas, Hannes Brummer and Mojak Lehoko.

Met al daardie informasie nou tot jou beskikking, hou jou hoed vas! Ons het met Hannes Brümmer gepraat voor Park Acoustics!

Hello daar. Dankie vir jou tyd om te klets. Jy is weer by Park Acoustics die maand, wat maak Park so ‘n lekker jol vir jou?

What’s not to love? Keer op keer die beste bands in Suid-Afrika, in my hometown, by die mees unieke (some would say unlikely) musiekvenue in die land. Die sunset comedy stage het ‘n vista van Pretoria se midde-stad teen begin-skemerlig en die gehoor is altyd die mees entoesiastiese, slim, mildly besope bittereinders wat lus is vir lag.

Wat kan die Park Acoustics mense verwag van jou die maand?

Ek speel seremonie-monster vir twee van my gunsteling komediante op die toneel – Mojak Lehoko en John Vlismas. So ek gaan bietjie lamenteer oor hoe ek ouer word, ‘n verdwaalde hipster of twee uithaal, brag oor hoe slim my kind is, die mikrofoon oorhandig en dan in die gehoor sit en saam lag.

Daar is sekere mense wat verkies om na die musiek huis toe te vertrek en die comedy te mis. Hoekom moet mense bly en julle kom beleef?

Ek reiterate: Mojak Lehoko en John Vlismas. As lag inderdaad die beste medisyne is, is die comedy die perfekte doepa om te verseker jou Maandag is pynloos en om te bly vir die show is soos om jou Park Acoustics erekleure te kry.

Die line up is nogal mal die maand, watter van die kunstenaars is jy moer keen om saam te kuier?

Pretty much almal. Menere van Coke en Parow is die stemme van die oopkop, jong Suid-Afrikaner en maak ons almal beter mense. Ek brand ook al vir maande om Deon Bakkes en die gesteelde pêrre te sien. I have it on good authority that they live up to the hype.

Park Acoustics word 9 die maand. Wat is jou boodskap vir hulle verjaarsdag?

Oorweeg asseblief om ‘n Voortrekker monument specific, energie-bewuste plan te ontwikkel waarvolgens ons die kummilatiewe energie opgewek deur die gehoor, gemeng met die dinamo-effek van al die boere generale wat omspin in hul grafte, kan verwerk na ‘n bruikbare elektrisiteits-bron wat Eskom kan troef. Daarmee saam gelukwensings vir die beste maandelikse fees in die land en ‘n goeie, solid: Doen so voort! Dankie vir die wyse waarop julle fans, bier-drinkers en goeie vermaak support!

Na Park Acoustics, wat is volgende vir jou?

Ag, ek bevind myself al hoe meer aan die ander kant van die kamera, so dis bietjie faceless, maar ek is vroeg Junie te sien by Parker’s comedy club en dan beide die Vrystaatfees en Innibos vir die toneelstukke: “Manne” en “Wie’s jou pappa?”. Ek skiet ook huidiglik aan die tweede reeks van “Elke skewe pot”.

Maak seker jy kry jou tickets vandag. Check julle daar!