As jy nie geweet het Francois van Coke (hoofsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel) het sy eie solo projek begin nie, skaam jou! Die man is ‘n ikoon in Suid-Afrika! Hy het sy nuwe enkelsnit “Moontlik Nooit” vrygestel op YouTube en die mense; is ‘n treffer en ‘n half.

Die man is gemaak om te sing en ons harte te verower met sy stem! As jy nog nie sy nuwe album bestel het, of gedink daaraan nie – DOEN DIT NOU!

Ons is baie gretig om die hele album te luister wat op 8 April 2015 uitkom, pre-order sommer die album NOU, jy kan dit hier doen. Terwyl jy besig is met die bestelling, luister hier: