Francois van Coke het nou net sy nuutste snit van sy opkomende album “Hierdie is die lewe” vrygestel, “Mensdom”

Dit is moer lekker om nuwe musiek van die man te hoor, dit klap sommer die einde van 2016 vir ‘n ses. Ons is ongelooflik opgewonde vir “Hierdie is die Lewe” wat op 2 Februarie 2017 vrygestel gaan word. Dis ‘n belated Kersfees geskenk van Francois en Die Gevaar vir ons.

Hierdie legende in die Suid-Afrikaanse industrie is sekerlik een van die mees hardwerkende kunstenaars op die oomblik, hy het nou net sy kind (Alex Lila) in die wêreld gebring (geluk julle twee) en nou ‘n nuwe musiek kiekie, en sommer ‘n nuwe album. Kan hierdie man net niks verkeerd doen nie?

Kyk gerus na “Mensdom” hieronder en sit dit sommer graag in jou playlist, want hierdie snit gaan nie sommer jou verlaat vir die volgende paar dae nie. Even weke! Lekker Franna!
Pre-order ‘Hierdie Is Die Lewe’ on iTunes and get ‘Mensdom’ NOW: 

Order the ‘Mensdom’ 7” vinyl single NOW: 

This video was made possible by Red Bull Studios Cape Town and Levi’s®.

hierdie is die lewe
ons word gebore
ons gaan dood
kwaad oor die verlede
mens in beheer
mens hanteer
mensdom
ons raak nie jonger nie
en die dae raak korter
liefde en haat
goed en kwaad
ons moet aanhou vorder
mens-senuwees
menswees
mensdom
ons raak nie jonger nie
ek is hier gebore
per ongeluk
op die aarde
hierdie is die lewe
mens vir my mense
menslik
mensdom