Nuwe musiek kiekie vir jou ore en oë! Francois van Coke het so paar minute terug die nuwe video gedrop vir Die Skip van sy nuwe album, saam met Laudo Liebenberg van aKING.

Die Skip is ‘n great tune vir die dag – en die musiek video is net so goed. Laat my verlang aan die see, dammit Pretoria, jy suck op die oomblik. Die Skip het ‘n lekker Vespa in, asook baie “Hawaiian” hemde wat met die lente gepaard kom. Dik chilled vibes!

Check dit uit, en ons sit sommer die lirieke ook saam dat jy kan saamsing. Dit klink dalk upbeat, maar die liedjie se hoofspeler is op ‘n selfvernietigende reis, met die liefde as sy enigste reddingsboei. Diep bru!

Maak seker jy download sommer Franna se nuwe album, dis die moeite werd ou bul!

Stuur die reddingsbote uit
Braak jou sorge oor die rand
Eerste indrukke bly staan
Ek’s nog oorgewig en dronk
Gooi jou sorge in die wind
Laat die as in jou oë waai
Ek is hierdie skip wat sink
Anker onderkant
Ek is niks
Maar jy’s steeds iets vir my
Ek dryf weg
Maar jy sal konstant bly
Stuur die helikopters terug
Al die emmers klaar geskop
Skrop die bodem tot hy blink
Gevlekte vloerlap op die kop
Lewensboeie dobber rond
Donderstorm agtergrond
Ek is hierdie skip wat sink
Op die horison