Het jy enige planne die Vrydagaand? Bietjie braai saam met die familie of 50 Shades of Grey saam met die dame gaan kyk by die bioskoop? Ja? Nee donner! Gooi daardie planne by die deur uit en kry jou gat by Aandklas in Pretoria vir die legendariese Francois van Coke se “Moontlik Nooit” single vrystelling. Dit gaan een helse opvoering wees wat ieder en elk gaan entertain. Let’s face it; jou planne was kak in anyway! Selfs jou ma sal trots wees op jou as jy dit bywoon!

10413345_816643088403139_2265704646390507686_n

Jack Stone sal die ore besig hou voor Francois en Jedd Kossew julle wegblaas met hulle musiek. Die opvoering sal 20h00 begin en tot laat julle Vrydag aand maak. Dit sal jou slegs R30 kos by die deur. Jy kan drie nuwe tunes vewag van die komende album, tesame met Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel classics.

T-shirts en Moontlik Nooit 7″ vinyl te koop by die show.

Jy kan ook die nuwe enkelsnit VERNIET aflaai hierso van Francois:

Kyk gerus op die Gesigboek blad vir meer inligting:

Sien julle daar!

Francois van Coke Moontlik Nooit