Foo Fighters het die naweek in die FNB Stadium (South Africa) gespeel, en dit was een moerse show! Daar was ongelooflik baie mense en die gehalte van die opvoering was een van bestes wat ek nog beleef het. Die mense het saam gesing en glimlagte was orals te sien. Die Foo Fighters was without a doubt, the greatest international band I’ve ever seen live! Dave en die manne het gesorg dat ons die een vir so lank as moontlik onthou.

Maar kom ons praat ‘n bietjie oor die gedrink voor en tydens die konsert, aangesien die spesifieke element my ‘n bietjie afgepis het. Dit pla my nie om ‘n paar biere en tequilas voor ‘n konsert te drink nie, want ek hou van kuier (Hi my name is Ed, and I like to party) en opwarm voor die fees begin. Maar Saterdag was dit ‘n perd van ‘n ander kleur, daar was mense wat hulself fukttttup gedrink het in die parkeer areas, nie mellow of tipsy nie – moer toe gesuip. So erg dat van hulle die hele makietie gemis het!

 

Photo by Henry Engelbrecht

Terwyl ons na die stadium geloop het, het ons talle ouens en dames gewaar wat al op die grond gelê het 4 uur die middag, uitgepaas soos more heeldag. Hoe de donner doen jy dit? Jy betaal vir ‘n kaartjie van een vir die grootse bands van alle tye, maar jy vind meer genot om jouself in ‘n papie te syp voor die tyd, en dan net ‘n moerse blank te slaan die volgende oggend as iemand jou vra hoe die “show” was?

Nee mense! Net nee! Niks fout om ‘n paar doppe te klap nie, maar hoe drink jy so baie om net als te mis? Was jy so lus vir ‘n parrrie dat jy die Foo Fighters kan mis? Jy kan mos elke dag suip as jy wil, maar die Foo Fighters kom net een keer?

Terwyl die Foo Fighters hulle ding gedoen het op die verhoog, het ons ook talle mense gesien wat slaap in die golden circle, en die railings in die seated area as ‘n bed gebruik. Een spesifieke groep wat voor ons gesit het, was so adamant om dronk te wees dat hulle 30 biere tussen 2 mense verdeel het, na so paar van die verversings kon die ou nie ophou skree en oor al die mense val terwyl hy maak of hy van die woorde ken. Sit was lyk my nie ‘n opsie nie, die toppie wou net beweeg (sekerlik om so paar keer te kots?) en ‘n nuisance van top gehalte wees. In die middel van die show het hy en sy tjommie totaal en al verdwyn van hulle seats af (much to the enjoyment of every person in a 10 meter vicinity) en net nooit weer terug gekom nie… * Ek was bly oor die Foo Fighters, maar om te sien hoe die twee weg strompel het my ook moerse plesier gegee.

Foo Fighters

Die punt van my “irritasie-artikel” is net om te se, Matigheid voor oë: Wil jy rerig al jou buddies vertel dat jy soos ‘n idioot in die pad gelê het buite die stadium terwyl Foo Fighters hulle harte uitgespeel het vir Suid Afrika?

*Toe ons later uit die stadium beweeg, toe sien ons die twee wat te veel gehad het om te drink; die een het sy skoene verloor en ‘n boom gebruik om hom te stut sodat hy sy ingewande vir die wereld te wys, en die ander het so paar zzzz’s ingekry teen die hekke.

Hoop julle het dit darem geniet champs, want ons almal het! 😉