Fokofpolisiekar sal die laaste bier, Skyn Heilig Weiss Bier, in hul populêre reeks van vier boetiekbiere aan die einde van Augustus bekend stel. Indien jy nog geld oor het van Oppikoppi, sluit by Die Bende aan by Aandklas in Stellebosch op die 26ste, RAD in Centurion op die 28ste en Aandklas in Pretoria op die 29ste en kom proe waaroor al die bohaai gaan.

Indien jy geen idee het wie of wat Fokofpolisiekar is nie, dan is daar geen hoop vir jou nie my vriend. Maak ‘n plan en gaan kyk een van hulle opvoeringe so gou as moontlik. Die manne van Bellville wat nie kak as hulle speel nie, en sit alles in hulle shows! Belowe. Fokofpolisiekar is net een van daardie bands wat jy moet kyk, en saam gaan kopswaai!

image003

Maak seker dat jy ten minste een, of al drie die datums oophou vir Fokofpolisiekar.

Date: 26 August 2015
Venue: Aandklas, Stellenbosch
Bokke: R60

Date: 28 August
Venue: RAD
Bokke: R80

Date: 29 August
Venue: Aandklas Pretoria
Bokke: R60

Ons het ‘n dubble kaartjie om weg te gee na Aandklas Snor City vir 29 Augustus 2015. Dit spaar jou R120! Jy kan sommer ‘n paar Skyn Heilig Weiss Biere aankoop vir jouself. Lekker!

tumblr_inline_myosp3a44A1sqgily

Al wat jy moet doen, is om ‘n tweet of ‘n comment te gooi, en vir ons sê watter Fokofpolisiekar tune is jou gunsteling!

Jy kan die volgende as ‘n voorbeeld gebruik:

Hey @Aandklas_Pta en @WhyIamEd ek smaak @Fokofband se Dagdronk. Want dis wat ek elke naweek doen.

Kompetisie sluit 28 Augustus om 10:00 en die wenner word kort daarna aangekondig.

Sien julle daar!