Die Bende vertel die storie agter Monoloog in Stereo.

Tien jaar het aangestap sedert Fokofpolisiekar hul akoestiese kortspeler, Monoloog in Stereo, vrygestel het. Klankgewys is Monoloog in Stereo heeltemal anders ans Fokofpolisiekar se eerste twee albums, As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand (2003) en Lugsteuring (2004). In Die Burger, 1 Julie 2005:

image003

“Polisiekarre raak rustig: Die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar het gisteraand hul nuwe album, Monoloog In Stereo, in die Twee Oseane-akwarium by die V&A Waterfront bekend gestel. Die ses snitte op die kortspeler, die groep se derde album, word in teenstelling met die vorige twee albums gekenmerk deur rustiger, akoestiese musiek.”

Die groep wou iets heeltemal anders doen. Iets wat die potensiaal sou baan om meer vertonings te skep. Die idee was om ‘n akoestiese album te maak.

image004

“Toe ons begin het om Fokofpolisiekar material te skryf, was ons fans van punk rock en old school rock. Vanaf 2003 tot 2005 het ons na baie verskillende musiek van verskillende eras begin luister. Dit het ons defnitief beïnvloed en ons wou beter liedjies skryf. Die eerste twee albums se liedjies was baie ongestruktureerd. Ons wou liedjies skryf met meer struktuur en beter hooks.” Hunter Kennedy

“Ons wou onsself uitdaag en iets anders skep. Alles het op daardie stadium teen ‘n hoë spoed beweeg en ek dink ons musikale ontwikkeling en die begeerte om die grense en onssself te druk as skrywers, het ook vining vorentoe beweeg.” Francois van Coke

Monoloog in Stereo is geskryf en die vooraf vervaardig is gedoen in ons Bellville huis se motorhuis. Dit is dieselfde motorhuis waarin die musiekvideo vir Illusie van Veiligheid verfilm is.

“Ons sou elke aand partytjie hou tot die oggende toe en wanneer almal wakker was het na die motorhuis gegaan om te skryf. Dit was ‘n moeilike tyd. Ons het nie baie geld gehad nie en ons het gedruk gevoel om iets anders en wonderlik te vervaardig. Die lirieke vertel baie van ons omstandighede op daardie stadium.” Wynand Myburgh

Die album se opname was baie uitdagend. Fokofpolisiekar het weereens na die yskoue Impala Park in Boksburg gereis na JP de Stefani se studio. Tyd en geld was skaars. Hierdie keer het die band op die studio se perseel gebly in ‘n half-geboude woonstel area bo-op die studio.

“Dit was baie moeilik. Alles was met stof bedek en die meeste van ons het siek geword tydens die album se opname. Daar was geen vermaak behalwe Boksburg se naglewe nie.” Jaco ‘Snakehead’ Venter

Dit was ook die eerste keer dat Liam Lynch gevra is om die opname-proses af te neem. Die fotos van hierdie sessies is op die oorspronklike CD as ‘n addisionele interaktiewe funksie. Daar is steeds ‘n uitstalling van hierdie fotos by Sgt. Peppers in Langstraat, Kaapstad. Liam Lynch sou later in 2007 ‘n volledige uitstalling van Fokofpolisiekar se fotos, getiteld Open To Misinterpretation (vernoem na die liedjie, Oop Vir Misinterpretasie op Monoloog in Stereo. Hierdie uitstalling is gehou by die Rooke Gallery in Johannesburg.

image007

Slegs 400 plate van hierdie klassieke kortspeler is beskikbaar vir aankope om ‘n dekade van Monoloog In Stereo te herdenk. Die plate is beskikbaar by Fokofpolisiekar se vertonings en vanaf hul webwerf:

Al 6 liedjies vanaf die kortspeler en verskeie ander bekende Fokofpolisiekar liedjies sal gedurende die 120-minute akoestiese (40 minute) en elektroniese (60 minute) vertonings opgevoer word.

image009