*As jy nie van Fokken, Fokof en Fok hou nie. Sal ons nie aanraai dat jy die artikel lees nie…

Die Fokof Bar is tans nou net vulletjie in die Pretoria kuier scene, maar sy impak is fokken groot. Die nuwe instansie het Pretoria aan die knaters gegryp so paar weke terug en fokkit, lyk nie of hy enige tyd gou sy greep gaan los nie. Die Fokof Bar is Pretoria se befokte nuwe bar – hy is geleë in Lynnwoodweg en sommer lekker fokken naby aan alles. Selfs die kinders van die Norfff se kant sal nie hoef padkos te pak vir die rit na die bar toe nie.

Kom ons begin met so halwe verduideliking wat is die Fokof Bar… die word besit en bestuur deur die bende (Fokofpolisiekar se manne, duh) asook Robert en Tanje. Die befokte bar is oop vanaf 11AM tot 2AM, Dinsdae tot Saterdae. Die plek woel van mense, maar moenie worry nie – daar is altyd iemand wat jy sal ken, en ‘n paar Fokof Lagers (32 Bokke ‘n Draught) saam kan sluk. As jy nie van ‘n crowd hou nie (wat soek jy dan by ‘n bar?) kan jy altyd in die binnehof gaan relax, en die portrette asook al die kuns op die mure aanskou. Kyk, jy gaan so paar ure nodig hê om net alles in te vat, en te scope om seker te maak jy mis niks nie. Dis fokken vet pret, moenie lui wees nie. Doen bietjie fokken moeite… hulle het.

Foto deur Andre Badenhorst

Die pryse op die alkoholiese verversings is billik en jy hoef nie ‘n persoonlike lening te gaan maak om net te kuier nie. Die Fokof Lagers vloei soos stroop en die brannas maak net minimaal skade aan die beursie. Ons het nog nie shots gegooi nie, maar sal sekerlik in die toekoms… die gestel is nie so goed soos toe ons 22 was nie. Die Fokn Burgers is ook lekker goedkoop, R35 vir ‘n ete… en ja, dis ‘n befokte date idea. Jy kan na die date vir ons dankie sê.

Hier is my persoonlike ervaring by die Fokof Bar (2de keer wat ek dit besoek het)

As jy by daardie trappe opkom, en die musiek hoor, met mense wat fokken kliphard kuier in die agtergrond – weet jy al klaar dit gaan een befokte aand wees, al gaan jy net vir een bier. It doesn’t matter. Die plek was gepak, nie ongemaklike Jockey wat te klein is gepak nie… lekker gepak. Asof daar fokken baie vriende is om te ontmoet en saam kak te praat. Die courtyard is sekerlik een van die lekkerste plekke om uit te hang; vat ‘n trek van die smoke en travel soos Bilbo Baggins in die area. Almal smile en dis elke keer ‘n dik parrie vibe. Geen fokken kak nie. Ek het die Saterdagaand ‘n Stormers en Bulls supporter beleef (gedress in hulle span se kits) wat saam een mamoerse gesprek gehad het oor die lewe en hoe vêr Loftus is van die Fokof Bar, ek het later verneem dat hulle sommer na die Fokof Bar toe geloop het. Jinne. Fokken brawe manne daai, maar bier wou hulle hê.

En ek moet net weereens noem, daar is altyd so baie mense wat jy ken (wat immers dieselfde fokken great idee gehad het soos jy om na die bar toe te gaan) wat net belangstel in goeie tye. Soos ek my “Unexpected Journey” aangepak het deur die bar, het ek letterlik elke 5 treë stilgehou om met iemand te praat wat ek so vaagweg onthou het. Dit was befok. Selfs in die badkamers het daar klein kuiers uitgebreek… en nee, daar was geen drukkkkkkkssss betrokke nie. Jy moet nou al weet dat ek nie sommer iets sleg sal sê van die Fokof Bar nie, maar suprise… hier kom dit.

Die “cheap” brandy specials was uitverkoop later die aand. Kyk, dit was vir my ‘n fokken terugslag en ‘n half. Maar ek moes maar die punch vat (altans my beursie) en die “duur” brandy koop. Dit was nou so erg nie, maar daar is ‘n paar mense wat bietjie onsteld was daaroor… shit happens, mense drink. En as die musiek fokken goed is (soos dit elke keer is) gaan die drank en #jol vloei soos die Nyl.

Fokof Bar is rerig Befok. Daar is so baie sinne om te gebruik om die bar te verduidelik, maar ek dink daai bad boy moer die spyker op sy kop. Maak seker dat jy ‘n draai maak by die bar. Deur die dag, of deur die aand na ‘n braai – jy sal nie spyt wees nie. Kom ons raak ‘n bietjie dagdronk!