Indien jy KykNet laas jaar gekyk het, sou jy seker opgemerk het dat Die Republiek van Zoid Afrika een van die beste shows was (by vêr!) op die kanaal, en dat Karen Zoid ‘n damn goeie host was. Sy het laas jaar Francois van Coke, Shaleen Surtie-Richards, Chris Cameleon en Carel Hoffman onder andere, op die program gehad wat ons vermaak het. Nou is die twee seisoen oppad, en dit skop op 2 Julie 2015 20:30 af.

“Karen Zoid is terug met twee reekse wat in Mei en November in die Kaap verfilm word. Haar gaste sluit mense in soos Steve Hofmeyr en Tannie Evita, Marc Lottering, Vusi Mahlasela, Jack Parow, PJ Powers, Jana Cilliers, Wilna Snyman en Ryk Neethling.”