Aitsa! Die nuwe musiek kiekie van Desmond & the Tutus is gister vrygestel vir hulle treffer, “Pretoria Girls” wat rondom Pretoria gefilm was deur Hanro Havenga.

Kom ons begin om oor die musiek kiekie te klets, dit is in die Moot gefilm en dit is so duidelik soos daglig dat dit rondom die Waverley area is (lekker). Ons dink die lied – Pretoria Girls – is een van daardie liedjies wat heeldag in jou kop vas sit en wat jy nie sommer kan vergeet nie, maar ons bedoel dit in ‘n goeie manier… nie die Pocketful of Sunshine-effek nie. Dis nie so lekker nie. Ons het Desmond & the Tutus gewaar laas jaar by Oppikoppi toe hulle met hierdie nommertjie hulle vertoning afgesluit het – en mense, was dit fenominaal om dit te aanskou! Almal het saam gebaljaar en gedans. Hande was in die lug gegooi saam met die bietjie warm bier in hulle glase, en almal het ‘n glimlag gehad na die orkes die verhoog verlaat het.

Maar kom ons beweeg terug na Pretoria Girls toe, ons dink hierdie musiek kiekie is ‘n wenner! Dit is ‘n befokte tune en die video self, maak jou sommer giggel soos ‘n laatie wat nou net ‘n poets gebak het vir sy tjommies.

Wel gedaan seuns! Hier is Pretoria Girls: