Elke nou en dan kry jy iets wat in jou pad val wat jy tot in die uiterste irritate en jou so erg afpis dat jy niks anders kan doen as om daaroor gal te braak nie. Dis hoe ons voel oor die donnerse “BRT Roadworks” wat tans die pad oorneem.

Dis ‘n fokkop om die minste te sê in die oggende en middae as jy die stad in moet beweeg, daar is padwerke wat al meer as ‘n jaar ons lewens oorvat. Dis ‘n pad en hoe neek dit jou lewe op, vra jy? Wel dit raak so erg dat jy tans fokken Brits of Morocco-West om moet ry net om in die stad te kom in een stuk. Ons verstaan nie rerig hoe kan dit so lank vat om ‘n pad te bou nie; vat Wonderpark Mall as ‘n voorbeeld – hulle het die mall en parking lot in ‘n jaar gebou. Let wel kinders, ‘n mall (moerse upgrade) en die parkering (3 vloere) in ‘n jaar gebou, en die brain trust wat tans besig is met die BRT roadworks is al meer as ‘n jaar besig op ‘n pad. Nie die N1 herbou nie, ‘n fokken pad tot in die stad, vir busse… NOU HOE DE FOK WERK DIT?

Dit laat sommer ons in ons monde kots, want die sogenaamde “improvements” lyk nie of dit rerig ‘n verskil gaan maak nie, aangesien daar elke tweede dag ‘n gebreekte bus gaan wees in die bus lane – Dankie Putco! So wat is die upgrades nou eintlik? Ancient Astronauts Theorists believe that the BRT road works, or lack thereof, are a ploy to force the people of Gauteng to rather use the e-tos system instead of their normal routes to get to their destinations. Jy kan nie help om daaraan te dink nie? Hoekom vat dit so lank om teer te lê? This is not rocket science people!

Ongelukkig is dit die reine waarheid – die mense agter hierdie padwerke is ook seker een van die agterlosigste kalante op die aardbol; hoeveel keer het jy al deur die nuwe “roetes” beweeg en daar ‘n make shift banner die pad verspêr? FFS man! Jy! Kiepie met die geel hoed, skuif die ding uit die pad uit! Ons kan geld daarop sit dat ons nie oor die hoop 2 meter hoë bakstene gaan ry nie. Daar is tans meer ongelukke op die pad as gevolg van die paaie wat so klein gemaak is, dat jy wens jy ry ‘n Smart Car-een deur!

En laat ons nou gou vinnig praat oor ons vriende in die pad wat dit net meer ondraaglik maak – tans is hulle besig om die nuwe BRT paaie te gebruik, they don’t care if it’s completed, they will fokken drive over gravel and rocks just skip a few cars, en dan het hulle die audacity om jou te vloek en skel as jy nie vir hulle en die stofwolk agter hulle plek te gee nie?! FFS! FFS! Dit is hoe dit is, die bloed druk stoot op as jy die BRT-paaie ry en jy voel sommer hart kloppings as die doos voor jou injaag op ‘n pad wat nie eers vir fietse bedoel is nie, dalk kan ons ‘n eis gaan instel teen hulle? Want jy kan mos deesdae eis vir alles!

Hierdie kak moet nou ent kry, die paaie was veronderstel om September 2014 klaar te wees, en toe Oktober 2014 en nou sien ek dit is geskuif na November 2014, fok wag nog ‘n maand dan sal dit sekerlik Julie 2016 wees (om logistieke redes) – en vir wie gaan die paaie nou voordelig wees? Vir ons, die persone wat dit elke dag ry? Die bus maatskappye? Of die persone in charge is van die bou van die pad? Dis ‘n vraag wat ons vanself moet antwoord, is dit waarnatoe my geld gaan wat ek elke maand aan sogenaamde “TAX” spandeer?

I’m done!