Fokkit ons het die lank terug gedoen (The Norfff-iest intro ever), maar ons het gedink dis weer tyd om die Noord met die world te deel. Omdat dit kak random is, en meeste mense ons judge!

Vandag gaan ons ‘n bietjie praat oor Braaidag (Heritage day vir die peeps wat nie meer nat agter die ore is nie) wat vir ons so oor die berg loer en wat alles daarmee saam gaan:

Braaidag:

Volgens ons is elke dag braai dag in die Noord – Braaiboy style – want ons like mos elke liewe ding wat brand, could swear we are closet-pyromaniacs. Die lekker ding van braaidag is die aantal pelle wat jy altyd saam meer kuier, daar is cherries ook maar hulle belong in the kitchen volgens die Noordenaars.
Heritage day braai
The people from the Norfff usually start Braaiday at 00:01 on Wednesday, fokkol slaap en sommer in die vorige dag se pak van Afrit. They don’ts fucks around! Ons klap gewoontlik so paar flammable materials op die vuur (dasse en sokkies, en as jy kan, ‘n bietjie lighter fluid) en dan light ons die bliksem met Fanie se Zippo wat hy by Montana Traders gekoop het. Sodra die vuur behoorlik aan die gang is en helfte van die gras lapa aan die brand geslaan is, dan beweeg ons na die marinade toe van die steak, en sommer ook die garlic brood. Sout en pepper met so titselkie Texan Steak Spice wat in 2005 verval het, dan is die Kaap sommer Hollands. Die garlic brood word gestuff met ekstra rissies en Clover kaas… vir die smaak en ons het dit gesien op Masterchef (On the contrary, we do have Mnet Prime time, in case you didn’ts knows).

Next up is die ongetwyfelde kak praat, as jy nog nie ‘n kind het nie (Almal in die Noord het mos een) kan dit bietjie skurf raak, hou net jou mond van die Bulle en Jono Ross af – hierdie is heilig in die area. Die kak praat sessie word ook gevoed deur vuil coke en Zamalek as jy broke is (which is usually around the 3rd of each month) en so paar loose draws. Kyk net uit dat die oefening nie langer as 3 ure aanhou nie; Giel se girl begin sommer slaai bakke rond donner as sy nie haar vleis voor haar vleis kry nie.

Sodra al die kak gepraat is en die Heuwels se Heritage song 38 keer gespeel is, dan gaan ons die Braaidag aandurf: Eers word die kole bekyk deur hoe vinnig die cigarette stompies brand, as dit langer as 5 sekondes is, dan weet jy. ONS GAAN NOU BRAAI! Vleis word opgemoer, verversings word bedien en die Heritage song word nog so een keer deur die Opel Kadet gejol wat langs die braaier gepark is. So deur die loop van die braai word die vleis so 6 keer betas deur een of ander skirminkel wat “dink” hy kan braai, en almal kak vertel hoe kak hulle is. Na die ou rustig mee gepraat is en sy besmette hand met die braaitang gedonner is, dan word die vleis afgehaal. So paar stukke word laat val, maar you never leave a man behind – terug in die bord.

Dit is baie dieselfde as wat ander mense doen, ons het net so hier en daar ‘n paar ander stappies wat eerbiedig moet word. Die bediening van die voedsel word netjies gedoen, papier borde en een moerse Spur steak mes. Daarna word die vleis en die verouderde garlic brood verorber deur al die gaste, voordat ons die strate invaar; opsoek na bokkies, nog bier en pienk slips.