Asem. Ons dink min daaroor, maar wanneer ons doen verander dit alles. Daar is dinge daar buite wat jou asem wil steel. Selfs meer opwindend as dit: daar is dinge hier binne wat jou asem wil roof. Die asemrowers weet waar jy bly, in elke seisoen van jou lewe kom streel hulle jou bewussyn en herinner jou wat dit is om lewendig te wees.

“To learn which questions are unanswerable, and not to answer them: this skill is most needful in times of stress and darkness.”
Ursula K. Le Guin – The Left Hand of Darkness

Vanaf hul ontstaan in 2009 is die Bittereinder boys heeltyd ietwat behep met die Groter Vrae. Die eerste vier albums is propvol geestelike en filosofiese verkenning in digterlike liriek, en Bittereinder se plek in die Valhalla van Conscious Rap is lankal bespreek. Die band se lewendige optredes veroorsaak ook die formasie en groei van ‘n jubelende bonsweermag, en daar bestaan dus talle redes dat “die dinkdansmasjien” al vele toekennings en kritiese lof ontvang het vir die musikale, visuele, tekstuele en regstreekse elemente van hulle kunsmakery.

Die lewe hou ‘n mens maar besig, en so vind Louis, Peach en Jaco ook al hoe minder tyd om conscious-electro-rap saam te maak (dit is al meer as drie jaar vandat die laaste Bittereinder album Dans Tot Die Dood vrygestel is). Maar hier, uiteindelik, is weer ‘n vars asem, ‘n power ballad wat al die beste dele van Bittereinder weer saambring: groot electro bas ritmes, swewende synthesizers, epic drum fills, en kragtige lirieke wat lekker saamsing en ruimte skep vir bietjie broodnodige nadenking oor waarmee jy besig is wanneer jy sê dat jy lewendig is.

Louis Minnaar is ook besig om ‘n asemrowende musiekvideo te maak, wat ook nog voor die einde van 2018 vrygestel sal word.

Luister HIER na ASEMROWERS

ASEMROWERS Toer: