‘n Jaar gelede het Fokofpolisiekar die vrystelling van hul reeks van vier boetiekbiere afgeskop.

Die biere in hierdie reeks is vernoem na van Fokofpolisiekar se gewildste liedjies en het vinnig treffers geword. Dagdronk, Antibiotika, Hemel op die Platteland en Skyn Heilig is nou uitverkoop en sal nie weer vervaardig word nie.

unnamed

 

Gelukkig is dit nie die einde van Fokofpolisiekar en goeie bier nie. Die band het alles geneem wat hulle geleer het in die afgelope jaar om ‘n besonderse Lager gebrou te kry deur die bekende Devil’s Peak Brouerye in Kaapstad.
Die bier is baie gepas ‘Fokof Lager’ gedoop en word in grootmaat gemaak. Die Lager sal vanuit die kraan bedien word in verskeie restaurant en kroeë regdeur Suid-Afrika. Die eerste druppel sal getap word by Capital Craft in Pretoria Vrydag, 13 November 2015.

Proe #‎FokofLager:

unnamed

Aroma: ‘n Suiwer en helder mout, afgerond met ‘n ligte, pittige en effe soet aroma van die beroemde en edele Hallertauer Mittelfrüh hops.
Voorkoms: Liggeel in kleur en briljant helder. Die bier het ‘n matige witkop wat goed hou.
Geur: ‘n Baie delikate mout met ‘n onopvallende hopgeur en min bitterheid.
Algehele Indruk: Maklik drinkbaar, vars en lewendig.

Kom drink ‘n yskoue Fokof Lager saam met Die Bende by Capital Craft op 21 November 2015.

Capital Craft is die eerste plek om Fokof Lager aan te hou. Vriende en aanhangers kan op 21 November vanaf 3pm by Die Bende aansluit by Capital Craft om dit te vier en die nuwe bier te proe.

Daar sal verskeie weggeepryse met die aankoop van die bier wees. Kom deel in die pret en bier drink!

Later daardie aand sal die partytjie na Arcade Empire verskuif waar die band in pure Fokof-styl die verhoog met hul volbloed rock vertoning aan die brand sal speel.

Datum: 21 November 2015
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Adres: The Highwaystraat 256, Equestria
Kontak: Rudolf – 082 449 5144
Optrede: 23h00
Kaartjies: R80

image005

Indien jy dit nie kan maak nie, kyk hieronder vir hulle Desember toer:

Datum: 2 Desember 2015 (Jbay Rage)
Plek: Jolly Dolphin
Adres: 30 Diaz, Jeffreysbaai
Optrede: 21h00

Datum: 2 Desember 2015 (Plett Rage)
Plek: VIP Club
Adres: Plettenbergbaai
Optrede: 24h00

Datum: 30 Desember 2015
Plek: The Barn
Adres: Rietvalley Farm, R327, Herbertsdale pad, Mosselbaai
Kontak: 044 698 1022
Optrede: 20h00
Kaartjies: R140


fokofpolisiekar