Wat maak jy Saterdag deur die dag? Bietjie ‘n vleisie tan saam met die dame en jou ouers? Klink belowend vir jou? Wel, dit klink nogal kak vir ons want Aandklas Pretoria-baai gaan die #Bokke support deur ‘n mamoerse Potjiekosdag te hou saam met die manne en dames van Tuks FM, asook the ever-so-sexy Braaiboy.

Daar gaan ‘n grootskerm wees om die rugby te be-oog asook tonne drank specials om te verhoed dat die keel in Egipte verander. Jy kan jou tjommas saambring en deelneem aan die Potjiekos kompetisie – daar sal verskeie pryse weggegee word vir die beste pot en hoe dit lyk. So trek daardie MasterChef baadjie aan en kam jou hare, want dit gaan een lekker #jol wees.

Braaiboy gaan sorg dat van die mense iets in die maag kry deur om Braai Sushi (Whatever dit fokken is) weg te gee en Brannas Draught. Dis die eerste Springbok game, wees ‘n sport. Al like jy dit niks nie, support die ouens wat die land se hoop op hulle skouers dra! Go Bokke!

Indien jy belangstel in die Potjiekos Kompetisie, drop ‘n epos vir rudi@aandklas.com

Daar is geen mahala by die deur nie, so jy beursie gaan nie daar al knak nie! Nooi jou ouers ook saam! Indien jy meer wil weet, volg die skakel na die event op Vleisboek:

Terwyl jy hier is, luister sommer na die nuwe tune van CrashCarBurn wat hulle vir die Bokke geskryf het – Anthem of Warriors!

Hand op die bors, volle bors!

nouma-piele

Prent deur Wat Kyk Jy?

Sien julle lekker mense daar!